Verskil tussen weergawes van "Irannese Rewolusie"

k
k
In Oktober 1978 het 'n algemene staking plaasgevind, waarby die meeste industrieë gesluit is.
 
In Desember, gedurende die Islamitiese maand [[muharram]], was die proteste op hul hoogtepunt. Tydens muharram en dan spesifiek tydens [[Asjoera]] word herdenk dat [[Imam Hoessein]], die kleinseun van die profeet [[Mohammed]], as [[martelaar]] gedood is deur die leër van die tirannieke Omajjadiese [[kalief]] [[Yazid I]] in die [[Slag by Karbala]]. Tydens die herdenkinge is die sjah as 'n hedendaagse tiran en 'n onregverdige heerser neergeset. Moslems het 'n religieuse verpligting om teen tirannie in opstand te kom en in daardie maand het proteste daagliks plaasgevind. Die leër het verdeeld geraak oor die bevel om teen die demonstrante op te tree.
 
Op 4 Januarie 1979 het die sjah [[Shahpur Bakhtiar]], voorsitter van die Nasionale Front, tot premier benoem. Op 16 Januarie het die sjah gevlug. Hyself het verklaar dat hy op vakansie gegaan het. By sy vertrek was hy al daarvan bewus dat hy aan [[kanker]] gely het. Saam met sy familie het hy na [[Egipte]] vertrek, die enigste land wat hulle wou toelaat. Die sjah het sieker geword en het uit angs vir vervolging nie meer na sy land teruggekeer nie. Hy is twee jaar later aan kanker in Egipte oorlede.
10 734

wysigings