Verskil tussen weergawes van "Leontopolis"

21 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(Nuwe artikel)
 
k
Leontopolis was in die sentrale deel van die [[Nyldelta]] geleë. Dit was die hoofstad van die 11de [[nomos]] (distrik) van [[Benede-Egipte]] en was moontlik die middelpunt van die [[farao]] se mag tydens die [[23ste Dinastie]]. In sy [[Stele|veroweringstele]] wat by die Vierde Katarak van die Nyl by [[Djebel Barkal]] gevind is, skryf farao [[Pije]] van sy oorwinning oor [[Ioepoet II]], wat oor Leontopolis regeer het.
 
Die Griekse naam beteken "Stad van Leeus" en kom van die [[Egiptiese tempel|tempels]] vir die leeugode [[Bastet]] en [[Sechmet]] en hul seun, [[Maahes]] die leeuprins. Lewende leeus is tydens die Griekse besetting van Antieke Egipte by die tempel aangehou.
 
*[[Lêer:Crystal txt.png|15px]] Hierdie artikel is vertaal uit die [http://en.wikipedia.org/wiki/Leontopolis Engelse Wikipedia]