14de Dinastie van Egipte: Verskil tussen weergawes

k
Alphama Module using AWB
(Nuwe artikel)
 
k (Alphama Module using AWB)
{{Antieke Egipte}}
Die '''14de Dinastie''' (ook '''Dinastie XIV''' geskryf; omstreeks [[1725 v.C|1725]]-[[1650 v.C.]]) was ’n koningshuis van [[Antieke Egipte]] wat tydens die [[Tweede Oorgangstydperk van Egipte|Tweede Oorgangstydperk]] oor die [[Nyldelta]] regeer het. Die dinastie se hoofstad was waarskynlik [[Avaris]].<ref name="ryholt"/> Die 14de Dinastie het saam met die [[13de Dinastie]] regeer wat in [[Memphis, Egipte|Memphis]] gebaseer was. Die heersers was Kanaänities of Wes-Semities as ’n mens kyk na die oorsprong van die [[farao|farao's]] se name soos Ipqu, Yakbim, Qareh en Yaqub-Har.<ref name="ryholt"/> Soms word die 14de Dinastie beskou as deel van die [[Middelryk]].
 
Die chronologiese posisie van die dinastie is onseker en verskil soms tot 75 jaar onder geleerdes.
 
==Heersers==
Volgens die [[Manetho]]-tradisie was daar tot 76 farao's in die 14de Dinastie. Die [[Turynse Koningslys]] noem egter net 56 en het nie genoeg plek om meer as 70 konings te lys nie.
 
Die presiese grense van die dinastie is nie bekend nie weens die tekort aan monumente wat behoue gebly het. Seels van die dinastie is egter gevind in Middel- en [[Bo-Egipte]] tot so ver suid as [[Dongola]], onder die Derde Katarak van die [[Nyl]]rivier. In die noorde is seels gevind tot in die Suid-[[Levant]] en die hedendaagse [[Libanon]].<ref name="ryholt"/> Dit dui op belangrike handelsbetrekkinge met Kanaän en [[Nubië]].<ref name="ryholt"/>
 
Die volgorde van die dinastie word aangegee deur die Turynse Koningslys en word algemeen aanvaar. Daar was nog vyf heersers voor hulle, volgens Ryholt.<ref name="ryholt"/>
 
{{Egiptekas}}
|}
 
Daar is ook verskeie ander konings moontlik uit die 14de<ref name="ryholt">Kim Ryholt, ''The Political Situation in Egypt during the Second Intermediate Period'', Museum Tusculanum Press, (1997)</ref> of [[15de Dinastie]]<ref>Daphna Ben-Tor: ''Scarabs, Chronology, and Interconnections: Egypt and Palestine in the Second Intermediate Period'', Volume 27 of Orbis biblicus et orientalis / Series archaeologica: Series archaeologica, Academic Press Fribourg 2007, ISBN 978-3-7278-1593-5, [http://books.google.co.uk/books?id=yfExR8UvaAsC&printsec=frontcover&source=gbs_ge_summary_r&cad=0#v=onepage&q&f=false uittreksels aanlyn beskikbaar]</ref> wat bekend is uit artefakte uit hul tyd, maar wat nie op die Turynse Koningslys genoem word nie.
 
==Verwysings==
| vorigenaam = Voorafgegaan deur
| vorige = ← [[13de Dinastie]]
| lys = [[14de Dinastie van Egipte|14de Dinastie]]
| volgendenaam = Opgevolg deur
| volgende = [[15de Dinastie]] →
80

wysigings