Verskil tussen weergawes van "Kimon"

23 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
General Fixes using AWB
(+ Inligtingskas & Kategorie)
k (General Fixes using AWB)
'''Kimon''' (in [[Grieks]], ''Κίμων'' — ''Kimōn'') (510, [[Athene]] – 450 v.C., [[Kition]], [[Siprus]]), was 'n [[Antieke Athene|Atheense]] staatsman en [[strategos]] van die middel-5de eeu v.C., die seun van [[Miltiades]]. Hy het geseëvier in die [[Slag van Marathon]] en het 'n sleutelrol gespeel in die vestiging van die magtige [[Atheense Ryk|Atheense maritieme ryk]] na die mislukking van die [[Tweede Persiese inval van Griekeland|Persiese inval van Griekeland]] deur koning [[Ahasveros]] in 480-479 v.C. Kimon het 'n gevierde militêre held geword en is tot die rang van admiraal bevorder nadat hy in die [[Slag van Salamis]] geveg het.
 
Een van Kimon se grootste kordaatstukke was sy vernietiging in 466 v.C. van 'n [[Achaimeense Ryk|Persiese]] vloot en weermag by die [[Slag van die Eurymedon|Slag van die Eurymedonrivier]]rivier. In 462 v.C. het hy 'n onsuksesvolle ekspedisie gelei om die [[Sparta]]ne by te staan tydens die [[helote]]opstande. Gevolglik is hy ontslaan en [[Skerwegerig|geostrakeer]] van Athene in 461 v.C.; nietemin is hy uit sy verbanning teruggeroep voor die einde van sy dekadelange ostrakisme om in 451 v.C. 'n 5-jarige vredesverdrag tussen Sparta en Athene te beding. Vir sy deelname in pro-Spartaanse beleid, is hy dikwels 'n [[lakonophilia|lakonis]] genoem. Kimon het ook die Atheense aristokratiese party teen [[Perikles]] gelei en het die demokratiese rewolusie van [[Ephialtes]] teëgestaan omdat hy die aristokratiese party se beheer oor Atheense institusies wou handhaaf.
 
[[Kategorie:Grieke]]
80

wysigings