Verskil tussen weergawes van "Korsmos"

3 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
General Fixes using AWB
k
k (General Fixes using AWB)
[[Lêer:Lichen-covered tree, Tresco.jpg|thumb|200px|’n Boomstam oortrek van verskillende soorte korsmos.]]
[[Lêer:N2 Lichen.jpg|thumb|200px|Korsmos op ’n muur.]]
'''Korsmos''' is ’n [[simbiose|simbiotiese]] [[organisme]] wat ontstaan uit ’n [[bakterie]] of [[alg]] en nog een of meer [[Fotosintese|fotosintetiese]] organismes. Al die elemente bestaan dus saam in ’n wedersyds voordelige verhouding.<ref name=WIL>[https://www.anbg.gov.au/lichen/what-is-lichen.html What is a lichen?, Autralian National Botanical Garden]</ref><ref name=UCILABK>Introduction to Lichens - An Alliance between Kingdoms, University of California Museum of Paleontology, [http://www.ucmp.berkeley.edu/fungi/lichens/lichens.html]</ref><ref name=LNA/> Die hele saamgestelde lewensvorm het eienskappe wat verskil van die eienskappe van die afsonderlike elemente. Korsmos kom in baie kleure, groottes en vorms voor. Die eienskappe is ietwat plantagtig, maar korsmos is nie plante nie. Hulle kan lyk soos ’n klein, blaarlose, vertakkende struik (frutikose); asof dit blare het (foliose); of soos ’n verfkors op ’n oppervlak (krustose),<ref name=ANBGLG>Lichen Glossary, Australian National Botanic Garden, [http://www.anbg.gov.au/glossary/webpubl/lichglos.htm Lichen Glossary, Australian National Botanic Garden]</ref><ref name=LNAILV>Lichen Vocabulary, Lichens of North America Information, Sylvia and Stephen Sharnoff, [http://www.lichen.com/vocabulary.html]</ref> of dit kan ’n ander groeivorm hê.<ref name=LAL>Looking at Lichens, Lynn Margulis, Eva Barreno, BioScience 53(8):776-778 2003, [http://www.bioone.org/doi/full/10.1641/0006-3568%282003%29053%5B0776%3ALAL%5D2.0.CO%3B2]</ref> ’n Makrokorsmos is óf bos- óf blaaragtig. Die ander word mikrokorsmos genoem.<ref name=WIL/> Hier verwys "makro" en "mikro" nie na die grootte nie, maar na die groeivorm.<ref name=WIL/>
 
Korsmos kan soos [[mos]] lyk en name hê wat op "mos" eindig, soos [[Yslandse mos]], maar dit kan misleidend wees omdat korsmos nie ’n mos is nie en ook nie verwant is aan mos of enige ander plant nie.<ref name=LNA>Lichens of North America, Irwin M. Brodo, Ms. Sylvia Duran Sharnoff, ISBN 978-0300082494, 2001</ref> Korsmos is nie [[parasiet]]e op die plante waarop hulle groei nie, maar vervaardig hul eie voedsel van [[sonlig]], [[lug]], [[water]] en [[Mineraal|minerale]] in hul omgewing.
 
 
==Galery==
80

wysigings