Verskil tussen weergawes van "Krypteia"

9 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
→‎Geskiedenis en funksie: General Fixes using AWB
k
k (→‎Geskiedenis en funksie: General Fixes using AWB)
Aan sekere jong Spartaanse manne wat hul opleiding by die [[agoge]] met sodanige sukses voltooi het dat hulle uitgewys is as potensiële toekomstige leiers, sou die geleentheid gebied word om hulle vaardighede en waardigheid vir die Spartaanse magstrukture op die proef te stel deur deelname aan die ''Krypteia''.
 
Elke herfs sou, volgens [[Plutarchus]] (''Lewe van Lykurgos'', 28, 3–7), die Spartaanse [[ephor]]s ''[[pro forma]]'' oorlog verklaar teen die [[helote]]bevolking sodat enige Spartaanse burger 'n heloot om die lewe kon bring sonder vrees vir strawwe. Snags is die gekose ''kryptes'' (lede van die Krypteia) die [[Lakonia|Lakoniaanse]]anse landskap ingestuur, gewapen met messe en met die opdrag om enige helote wat hulle teëkom om die lewe te bring, en om op enige voedsel beslag te lê wat hulle sou benodig.
 
Volgens Cartledge, het lede van die Krypteia die helotedorpe en die omliggende landskap bekruip en op die serviele bevolking gespioeneer. Hul missie was om onrus en opstande te voorkom, en helootse moeilikheidmakers is summier terreggestel. Sulke brutale onderdrukking van die helote het die Spartaanse élite in staat gestel om suksesvolle beheer oor die serviele [[agraries]]e bevolking uit te oefen en hulself aan militêre oefening toe te wy. Dit kon ook bygedra het tot die Spartaanse reputasie vir steelsheid aangesien enige ''kryptes'' wat gevang is die roede opgelê is.
 
Slegs Spartane wat as jong mans in die Krypteia diensgedoen het kon verwag om in die hoogste range van die Spartaanse gemeenskap en weermag opgeneem te word. Die mening was dan dat slegs daardie Spartane wat hul gewilligheid en vermoë getoon het om op jong ouderdom dood te maak vir die stadstaat, waardig was om in latere jare by die leierskap aan te sluit.
80

wysigings