Verskil tussen weergawes van "Nougat"

18 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
General Fixes using AWB
k (Verplasing van 34 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q208729)
k (General Fixes using AWB)
[[Beeld:Nougat.jpg|thumb|250px|Nougat]]
'''Nougat''' is 'n lekkerny wat van [[suiker]] of [[heuning]], geroosterde neute ([[amandel|amandels]]s, okkerneute, pistachio-neute of haselneute) en soms stukkies vrugte gemaak word. Die konsistensie van nougat wissel van harde- tot sagtenougat, afhangende van die bestanddele.
 
==Harde- en sagtenougat==
[[Beeld:Nougat sweets.jpg|thumb|right|250px|Nougat-sjokolade en -pralinée]]
Die [[Franse taal|Franse]] term nougat is waarskynlik afgelei van die [[Latyn|Latynse]]se ''nux gatum'' ("tert met neute") en verwys eintlik na hardenougat, wat ook "wit nougat" of "Turkse nougat" genoem word. Gebaseer op Grieks-Romeinse en Arabies-Oosterse historiese oorspronge het lande soos [[Frankryk]] (Montélimar-nougat), [[België]] (''noga''), [[Spanje]] (''turrón'') en [[Italië]] (''torrone'') hul eie tradisies van nougat-vervaardiging ontwikkel. Hollandse sagtenougat, Turkse Heuning en Halva is nou verwante lekkergoed. Die basiese resepte bevat geen kakao nie.
 
== Gianduia ==
Die haselneutpitte word teen 150 tot 180 °C sowat 20 minute lank gerooster en, nadat hulle afgekoel het, in 'n meul fyngemaal. By die massa, wat baie op [[marsepein]] lyk, word lesitien as bindmiddel gevoeg. Om 'n donker kleur te verkry, word ook neutekrokant by die pasta gevoeg. Daarna word versiersuiker, kakaobotter, sojavet, couverture-sjokolade, vanillien en melkpoeier by die massa ingeknie totdat dit 'n homogene mengsel vorm. Sodra dit begin afkoel, word die massa styf en is klaar om in stukkies gesny te word.
 
Die Turynse gianduia word nog steeds as die beste beskou. Die Turynse spesialiteit, wat as Gianduiotto bekend staan, bevat oorwegend haselneute uit Piëmont. Die plaaslike soort ''tonda gentile'' word deur 'n fyner smaak gekenmerk en bederf nie so maklik soos Turkse haselneute - wat tans hoofsaaklik by die vervaardiging van lekkergoed gebruik word - nie.
 
Gianduia vorm ook 'n hoofbestanddeel van pralinées en was die voorbeeld vir die gewilde Italiaanse broodsmeer ''[[Nutella]]'', wat oorspronklik selfs ''Pasta Gianduia'' genoem is.
==Montélimar-nougat==
[[Lêer:Nougatier -Magasin.JPG|thumb|right|'n Nougat-winkel in Saint Didier, [[département]] [[Vaucluse]], Frankryk]]
Montélimarnougat (Frans: ''nougat de Montélimar''), 'n Suid-Franse nougat-spesialiteit, word dikwels ook "wit nougat" genoem. Die naam verwys na die stad van oorsprong - Montélimar in [[Provence|Noord-Provence]] (Frankryk).
 
Soos beweer word, het die Griekse setlaars in Suid-[[Gallië]] die resep reeds in die antieke tydperk na Wes-Europa gebring. Die nougat het eers in Marseille en later ook in Provende gewild geraak. Die eerste historiese verwysing dateer uit die tydperk omtrent 1700, toe die nougat as ''nux gatum'' (Latyns: "neutetert") beskryf is. Volgens die plaaslike [[etimologie|volksetimologie]] is die naam egter afgelei van die Franse ''tu nous gâtes'' ("jy bederf ons").
 
Die hoofbestanddele van Montélimar-nougat is [[water]], laventelheuning (tenminste 25 persent), eierskuim, geroosterde amandels (tenminste 30 persent), pistachio-neute, suiker en glukosestroop. Slegs nougat, wat hierdie bestanddele bevat, mag as ''Nougat de Montélimar'' bemark word en kry ook die nougat van oorsprong-etiket.
==Turrón (torrone)==
 
Turrón (Spaans) of torró (Katalaans) of torrone (Italiaans) is 'n Suid-Europese nougat-spesialiteit, met amandels, heuning, suiker en eierwit as sy hoofbestanddele. Dit word gewoonlik in die vorm van lang, reghoekige blokkies aangebied en dikwels ook met sjokolade, versuikerde vrugte of grondboontjies verfyn.
 
Die resep het sy oorspronklik vermoedelik in die Arabiese wêreld en is deur die More in Spanje ingevoer. Die vroegste historiese dokumente, wat na die vervaardiging van hierdie soort nougat verwys, dateer uit die 16de eeu. Turrón word vandag veral in [[Alicante]] en [[Jijona]] in die gewes Valencia vervaardig en is as 'n tradisionele nagereg veral gewild in die kersfeestyd.
80

wysigings