Verskil tussen weergawes van "Toetmoses III"

3 grepe verwyder ,  6 jaar gelede
k
General Fixes using AWB
k
k (General Fixes using AWB)
Ná haar dood het hy as alleenheerser die grootste Egiptiese ryk nog opgebou; hy het nie minder as 17 militêre veldtogte onderneem nie, en het van Nija in Noord-[[Sirië]] tot die Vierde Katarak (waterval) van die [[Nyl]] in [[Nubië]] verower.
 
Toetmoses III het amptelik byna 54 jaar lank regeer, van [[24 April]] [[1479 v.C.]] tot [[11 Maart]] [[1425 v.C.]]<ref>Campbell, Edward Fay Jr. ''The Chronology of the Amarna Letters with Special Reference to the Hypothetical Coregency of Amenophis III and Akhenaten.'' p.5. Baltimore, The Johns Hopkins Press, 1964.</ref> – dit sluit die 22 jaar in dat hy medeheerser was. Tydens die laaste twee jaar van sy bewind het hy sy seun en opvolger, [[Amenhotep II]], as sy junior medeheerser aangewys.
 
[[Lêer:Obelisk_of_Thutmose_III_in_the_Hippodrome_of_ConstantinopleObelisk of Thutmose III in the Hippodrome of Constantinople.jpg|thumb|240px|links|Die Obelisk van Toetmoses III, wat nou in [[Istanboel]], [[Turkye]], staan. Keiser [[Theodosius I]] van [[Bisantium]] het die obelisk in 390 in drie stukke laat sny en na die destydse [[Konstantinopel]] gebring. Net die boonste deel het bewaar gebly.]]
==Bewind==
Toetmoses III word algemeen beskou as ’n militêre genie. Hy het Egipte aktief uitgebrei en word soms "Egipte se grootste veroweraar" of die "[[Napoleon]] van Egipte" genoem.<ref>J.H. Breasted, "Ancient Times: A History of the Early World"; ’n inleiding tot ''Study of Ancient History and the Career of Early Man''. Boston: Ginn and Company, 1914, bl. 85</ref> Hy het tydens sy bewind glo 350 stede verower tydens 17 militêre veldtogte. Dit sluit ’n groot deel van die Nabye-Ooste in, van die [[Eufraat]] tot in [[Nubië]]. Sy veldtogrekords is teen die mure van die Tempel van [[Amoen]] by [[Karnak]] aangebring. Dit is die mees gedetailleerde en akkurate weergawe van enige farao se bewind.
 
Toetmoses het Egipte in ’n internasionale supermag omskep.<ref>[http://www.press.umich.edu/pdf/0472114670-fm.pdf page v-vi van die Voorwoord van ''Thutmose III: A New Biography'', University of Michigan Press, 2006]</ref> Hy het eers swakker dorpe een vir een verower en so stadigaan sy mag oor ’n hele gebied uitgebrei. Een van die redes vir sy militêre sukses was die beter wapens wat Egipte leer gebruik het nadat die [[Hyksos]] die land oorgeneem het, soos strydwaens wat deur perde getrek is. Hy het min weerstand van sy bure gekry en Egipte maklik uitgebrei.
==Dood==
[[Lêer:Thutmosis III wien front.jpg|thumb|200px|’n Borsbeeld van Toetmoses III in die [[Wene|Weense]] Kunshistoriese Museum.]]
Volgens ’n stelling in ’n biografie van ’n amptenaar met die naam Amenemheb, is Toetmoses dood ná ’n bewind van "53 jaar, 10 maande en 26 dae". Hy is dus dood net ’n maand en vier dae voor die begin van sy 54ste bewindsjaar.<ref>{{de}} Peter Der Manuelian, Studies in the Reign of Amenophis II, Hildesheimer Ägyptologische Beiträge(HÄB) Verlag: 1987, p.20</ref>
 
Toetmoses is soos die ander farao's van dié tyd in die [[Vallei van die Konings]] begrawe. Sy [[mummie]] is in 1881 by [[Deir el-Bahri]] ontdek bo die dodetempel van Hatsjepsoet. Hy was begrawe by verskeie ander farao's uit die [[18de Dinastie]] en ’n paar van die [[21ste Dinastie]].
80

wysigings