Verskil tussen weergawes van "Hoërskool Jan van Riebeeck"

geen wysigingsopsomming nie
[[Beeld:JVR_gebou.jpg|thumb|250px|right|Die skoolterrein is op die hoek van Kamp- en Kloofstraat in Tuine, Kaapstad, geleë.]]
 
Die '''Hoërskool Jan van Riebeeck''' is 'n bekende [[Afrikaans]]mediumskool wat in [[Tuine, Kaapstad|Tuine]], 'n voorstad van [[Kaapstad]], geleë is. Die skool beskryf homself as ''die mees bekende Afrikaanse hoërskool in [[Suid-Afrika]]''<ref>[http://www.janvanriebeeck.co.za/hshoofpic.htm JvR Verwelkomingsbladsy], besoek 2008/11/10,11:52</ref>.
Die skool is in [[1926]] gestig met [[J.J. Jordaan]] as die eerste hoof en twee deeltydse assistente wat 46 leerders moes onderrig. Reeds teen [[1932]] was daar 318 seuns en dogters in die skool, wat dit die grootste gemengde skool in die destydse [[Kaapprovinsie]] gemaak het. Jordaan was 'n sterk voorstander van Afrikaans as onderrigmedium en Jan van Riebeeck was een van die eerste en bekendste skole wat die taal as onderrigmedium ingevoer het. Hy is in [[1936]] in die tuig oorlede.
Die woorde “Handhawers van ons moedertaal” vorm die klimaks van die skoollied<ref>[http://dip.sun.ac.za/~laurie/skoollied.pdf</ref>. [[I.D. du Plessis]] het die woorde geskryf en die musiek is deur William Pickerill, destyds dirigent van die Kaapse Stadsorkes <ref>[http://myfundi.co.za/eng2/index.php/Conductors_in_South_Africa Conductors in Soutrh Africa], besoek 2011/04/07</ref>.
84 930

wysigings