Verskil tussen weergawes van "Laerskool Koeberg"

Geen grootteverandering nie ,  6 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
|stigter =
|personeel = 17
|leerlinge = 368375
|grade = R-7
|adres = Hoek van Koeberg- en Royalweg, Maitland, 7405
 
==Ontstaan==
In die vroeë jare van die twintigste eeu het baie verarmde Afrikaners na Kaapstad se mindergegoede voorstede, soos [[Woodstock]], [[Maitland]], [[Soutrivier]] en [[Observatory]], gestroom op soek na 'n heenkome. Tot 1906 was daar in Maitland slegs die Engelse Coronation Road School<ref>[http://maps.google.co.za/maps?q=koeberg+road+maitland&hl=en&ll=-33.921969,18.485178&spn=0.002982,0.006539&t=h&hnear=Koeberg+Rd,+Cape+Town,+Western+Cape+7405&z=18&layer=c&cbll=-33.921932,18.485404&panoid=S0ioho17CF3eUE-CBk0KTA&cbp=12,331.95,,0,-5.84 Die skoolgebou op Google Earth]</ref> vir betalende leerders, maar geen voorsiening is gemaak vir die behoeftes van die kinders uit arm gesinne nie. In Januarie 1907 maak die tweede skool in Maitland as 'n A3 of derdeklas-klas skool in Chapelstraat oop met 56 leerders en ene me. Du Plessis as eerste hoof. Dit was die voorloper van die latere Laerskool Oranje en uiteindelik die Laerskool Koeberg. Al was die skool op behoeftige leerders gemik, was daar reeds uit die staanspoor talle leerders wie se ouers wel die skoolgeld ten volle betaal het. Teen 1913 was daar byvoorbeeld 113 leerders op die rol, waarvanvan wie net 61 van skoolgeld vrygestel was.
 
Teen daardie jaar het die ruimte in die gebou in Chapelstraat heeltemal ontoereikend geraak en rig die skoolkomitee vertoë aan die skoolraad vir 'n nuwe gebou. Reeds in 1914 begin die bouwerk aan die nuwe skool op die huidige perseel op die hoek van Koeberg- en Royalweg. Die skool sou aanvanklik uit net vier klaskamers bestaan en is teen 'n koste van £2&nbsp;600 opgerig, wat die koste van die omheining ingesluit het. Me. Du Plessis het die skool "Elim" genoem, omdat dit die Bybelse Jode se standplaas was op hulle uittog uit [[Egipte]].
85 059

wysigings