Verskil tussen weergawes van "Niels Bohr"
2 178 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
+ Inligtingskas
k (Robot: ka:ნილს ბორი is een voormalig uitgelicht artikel; kosmetiese veranderinge)
(+ Inligtingskas)
{{Inligtingskas Wetenskaplike
[[Lêer:Niels Bohr.jpg|220px|right|frame]]
| naam = Niels Bohr
'''Niels Henrik David Bohr''' (7 Oktober [[1885]] – 18 November [[1962]]) was 'n Deense [[fisikus]] wat fundamentele bydraes tot die begrip van [[atomiese struktuur]] en [[kwantumfisika]] gelewer het. As erkenning vir hierdie bydraes het hy die [[Nobelprys vir Fisika]] in [[1922]] ontvang.
| beeld = Niels Bohr.jpg
| breedte = 220
| beeldonderskrif = Bohr in 1922
| geboortenaam = Niels Henrik David Bohr
| geboortedatum = [[7 Oktober]] [[1885]]
| geboorteplek = [[Kopenhagen]], [[Denemarke]]
| sterftedatum = [[18 November]] [[1962]]
| sterfteplek = Kopenhagen, Denemarke
| plek van graf =
| blyplek =
| burgerskap =
| nasionaliteit = {{vlagland|Denemarke}}
| vakgebied = Fisika
| werkplek = [[Universiteit van Kopenhagen]]
[[Universiteit van Cambridge]]
[[Victoria Universiteit van Manchester]]
| alma mater = [[Universiteit van Kopenhagen]]
| doktorale promotor = Christian Christiansen
| akademiese adviseurs = J. J. Thomson
[[Ernest Rutherford]]
| doktorale studente = Hendrik Anthony Kramers
| ander studente =
| bekend vir = Kopenhagen interpretasie
Komplementariteit
Bohr se model
Bohr-Sommerfeld kwantisering
Bohr-van Leeuwen stelling
Sommerfeld-Bohr-teorie
BKS teorie
Bohr-Einstein debatte
Bohr se magneton
Bohr se baan
Bohr se radius
[[Hafnium]]
| beïnvloed deur = [[Ernest Rutherford]]
[[Harald Høffding]]
| invloed op = Werner Heisenberg
Wolfgang Pauli
Paul Dirac
[[Lise Meitner]]
Max Delbrück
en verskeie andere
| toekennings = Hughes se medalje (1921)
[[Nobelprys vir Fisika]] (1922)
Matteucci se medalje (1923)
Franklin se medalje (1926)
Max Planck se medalje (1930)
Copley se medalje (1938)
Orde van die Olifant (1947)
Atome vir Vrede-toekenning (1957)
Sonning se prys (1957)
Buitelandse lid van die Royal Society (1962)
| handtekening = Niels Bohr Signature.svg
| webblad =
| voetnotas =
'''Niels Henrik David Bohr''' ([[7 Oktober]] [[1885]] – [[18 November]] [[1962]]) was 'n Deense [[fisikus]] wat fundamentele bydraes tot die begrip van [[atomiese struktuur]] en [[kwantumfisika]] gelewer het. As erkenning vir hierdie bydraes het hy die [[Nobelprys vir Fisika]] in [[1922]] ontvang.
== Belangrikste prestasies ==
Prestasie was kenmerkend van Niels Bohr se loopbaan – selfs vanaf die vroegste dae. Toe hy nog op universiteit was, het hy al 'n prys wat deur die [[Akademie van Wetenskap]] in [[Kopenhagen]] toegeken is, verower vir sy navorsing rakende oppervlakspanning. Sy bevindinge is gepubliseer in die [[Transactions of the Royal Society]] (Transaksies van die Koninklike Genootskap) in [[1908]], 'n volle jaar voordat hy sy meestersgraad verwerf het.
Bohr se nagraadse werk is gebaseer op kwantumfisika en die elektroniese struktuur van atome. Die ontwikkeling van 'n teoretiese beeld van atoomstrukture, soos gebaseer op die werk van [[Ernest Rutherford]] en [[Max Planck]], het een van Bohr se vernaamste bydraes tot fisika blyk te wees, aangesien beide chemiese en fisiese eienskappe van elke element uiteindelik verklaar is. Hy het in [[1922]] 'n Nobelprys vir Fisika vir hierdie werk ontvang.
Sy bydraes tot teoretiese fisika was aansienlik: Hy het van die struikelblokke wat deur [[kwantumfisici]] teëgekom is, uit die weg geruim deur sy konsep van ‘komplementariteit’ te ontwikkel. Hierdie konsep het kwantumfisika met klassieke fisika op so 'n wyse in verband gebring dat dit die bestaan van die kwantumteorie regverdig het.
Bohr het tydens sy leeftyd op verskeie komitees gedien, insluitende sy posisies as die President van die [[Koninklike Deense Akademie van Wetenskappe]], asook die [[Deense Kankerkomitee]] en Voorsitter van die [[Deense Atoomenergie-Kommissie]]. Talle universiteite vanoor die hele wêreld het doktorsgrade ''honoris causa'' aan hom toegeken, insluitende [[Oxford]], [[Cambridge]], die Sorbonne, [[Harvard]] en [[Princeton]].
== Lewensgeskiedenis ==
Niels Bohr is gebore te Kopenhagen op 7 Oktober 1885. Albei sy ouers het baie sterk akademiese agtergronde gehad: Sy pa, [[Christian Bohr]], was 'n professor in die [[fisiologie]] aan die [[Universiteit van Kopenhagen]]. Niels se moeder, [[Ellen Adler]], het uit 'n familie van befaamde opvoeders en [[politici]] gekom. Christian en Ellen het drie kinders gehad: Jenny, Niels en Harald.
Soos verwag kon word met gene van so 'n aard, is die drie kinders aangemoedig om akademiese paaie te volg en Niels het gou 'n voorliefde vir die wetenskap op skool ontdek, terwyl sy jonger broer homself in die wiskunde verdiep het – om uiteindelik 'n beroemde wiskundige te word.
Nadat hy met skool klaargemaak het, het Bohr na die Universiteit van Kopenhagen gegaan en sy doktorsgraad in die fisika in [[1911]] verwerf – die navorsing vir sy proefskrif het hom aan die werk van Max Planck bekend gestel en sy belangstelling in kwantummeganika geprikkel. Al was sy klasse voldoende vir sy teoretiese studies, moes Bohr aan sy praktiese komponent in sy vader se laboratorium werk, aangesien die universiteit nie oor 'n fisika-laboratorium beskik het nie! As gevolg hiervan het Bohr meer op teoretiese fisika gefokus, wat onafwendbaar tot sy mees uitnemende navorsingsbevindinge gelei het.
Vir sy ná-doktorale werk het Bohr na [[Universiteit van Cambridge]] verskuif (waar hy onder [[J.J. Thomson]] gewerk het) en later na Manchester om met Rutherford saam te werk. Dit is hier waar hy werklik sy liefde vir kwantummeganika en radioaktiwiteit aangegryp en derhalwe onderwerpe soos die absorpsie van [[alfastrale]] en atoomstruktuur ondersoek het. Met hierdie agtergrond, asook met Planck se baanbrekerswerk rakende kwantumteorie, het Bohr 'n teoretiese atoomstruktuur ontwikkel wat steeds vandag in fisikahandboeke bly voortleef.
Deur met hierdie probleme te worstel, het Bohr sy konsep van ooreenstemming ontwikkel – “[[komplementariteit]]”, soos dit bekend begin staan het. Hierdie beginsel het energie-oorgange met ooreenstemmende harmoniese komponente in 'n beweging wat beskryf kon word deur van klassieke meganika gebruik te maak, gekoördineer. Hierdie beginsel is geregverdig toe daar bevind is dat die presiese frekwensie bereken kon word deur van vergelykings vanuit beide kwantum- en klassieke meganika gebruik te maak.
Tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] is Bohr gedwing om uit [[Denemarke]] te vlug en hom in [[Swede]], [[Engeland]] en die [[VSA]] te vestig, waar hy betrokke geraak het by die gebruik van atoomkrag in toepassings wat nie op oorlogvoering gerig is nie. Hy was een van die fisikuste wat aan die [[Manhattan Projek]] gewerk het.
Sy laaste jare is egter in Denemarke deurgebring en hy het op 18 November 1962 in Kopenhagen gesterf.
[[Kategorie{{DEFAULTSORT:Deense fisici|Bohr, Niels]]}}
[[Kategorie:Deense fisici]]
[[Kategorie:Nobelprys vir Fisika wenners]]