Verskil tussen weergawes van "Nord-Pas-de-Calais"

(→‎Geskiedenis: Spelfout)
Tydens die [[Honderdjarige Oorlog]] tussen [[Engeland]] en Frankryk in die [[14de eeu|14de]] en [[15de eeu]] veg Franse, Engelse en Boergondiese troepe om die gebied, wat uiteindelik by Frankryk ingelyf word. In [[1598]] annekseer die Spaanse Nederlande die streek as 'n soort bruidskat. Toe die gebied in die [[17de eeu]] weer onder Franse heerskappy kom, is daar hewige verset van die Vlaamstalige bevolking. Met die nuwe administratiewe verdeling tydens die [[Franse Rewolusie]] word die départements Nord en Pas-de-Calais gevorm.
 
Nord-Pas-de-Calais het 'n lang tradisie as 'n sentrum van die tekstielnywerheid, wat in die middeleeue begin. Met die industrialisering in die [[19de eeu]] groei die gebied tot een van Frankryk se ekonomiese sentrums. Terwyl die gebied nie deur die [[Frans-Pruisiese Oorlog]] van [[1870]]-[[1871]] geraak is nie en danksy die Duitse anneksasie van [[Elsas-Lotaringe]] selfs nog belangriker word as Frankryk se grootste nywerheidsgebied, ly Nord-Pas-de-Calais sterk onder die Duitse besetting en die verwoestings van die [[Eerste Wêreldoorlog]].
 
Die Duitsers beset die gebied ook weer tydens die Tweede Wêreldoorlog en gebruik dit as 'n basis vir die Duitse lugmag en lanseerterrein vir die sogenaamde Duitse vergeldingswapens, die V-1 en [[V-2-vuurpyl|V-2-missiele]], waarmee teikens in Engeland aangeval is. Die geallieerde antwoord is grootskaalse lugaanvalle, wat die meeste stede in die gebied in puinhope laat. Die grootse deel van Nord-Pas-de-Calais is in [[September]] [[1944]] bevry, terwyl die Duitse weerstand in Duinkerken eers op [[9 Mei]] [[1945]] gebreek is.