Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Krugersdorp"

geen wysigingsopsomming nie
Nadat ds. Radloff op [[11 Oktober]] [[1914]] sy emeritaat aanvaar het, is hy opgevolg deur ds. P.J. van Vuuren, wat die gemeente van 1915 tot 1921 gedien het, en toe 'n beroep na Vredefort aangeneem het. Onder sy ywerige leiding is die knellende kerkskuld gedelg.
 
Die volgende leraar van die gemeente was ds. J.J. Krige wat op [[21 April]] [[1922]] hier bevestig is. Veertien jaar lank het hy in die gemeente gearbei, totdat hy onverwags op [[29 Oktober]] [[1936]] tot hoër diens opgeroep is. In November 1937 is ds. A.T. Martinson in die gemeente bevestig. Op [[29 November]] [[1941]] is ds. C.C. van Dyk as eerste medeleraar van die gemeente bevestig. In 1944 is hy na die jongste dogtergemeente, [[NG gemeente Krugersdorp-Noord|Krugersdorp-Noord]], beroep.
 
Danksy die ywer van die verskillende leraars en in besonder dié van ds. Martinson het die gemeente sy plek t.o.v. die sending, armesorg, Sondagskool, kerklike verenigings en onderwys volgestaan. Met die snelle ontwikkeling van die Wes-Rand, het die ledetal van die gemeente herhaaldelik so toegeneem dat die volgende dogtergemeentes afgestig moes word: [[NG gemeente Roodepoort|Roodepoort]] in 1905, [[NG gemeente Magaliesburg|Magaliesburg]] in 1910, [[NG gemeente Randpoort|Randpoort]] (Randgate) in 1918, Burgershoop (Krugersdorp-Wes, later genoem [[NG gemeente Suiderlig|Suiderlig]]) in 1920, [[NG gemeente Krugersdorp-Noord|Krugersdorp-Noord]] in 1943.
84 927

wysigings