Verskil tussen weergawes van "Meryl Streep"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
Maar die rol wat waarskynlik haar beste werk sover vereis het is die van Sophie in ''[[Sophie's Choice]]''. Hierin speel sy 'n [[Pole|Poolse]] vrou wie die [[konsentrasiekamp]]e by [[Auschwitz-konsentrasiekamp|Auschwitz-Birkenau]] oorleef het en daarna besluit het om 'n nuwe lewe vir haarself in Brooklyn, New York te probeer skep. Vir Sophie moes Streep leer om Duits en Pools te praat, en boonop nog om Engels met 'n Poolse aksent. Die suksesvolle vertolking wen toe vir Streep haar tweede (en sover haar laaste) Oscar standbeeld.
 
Sydney Pollack het haar gekies om langs Robert Redford te verskyn in ''[[Out of Africa]]'', 'n rolprent wat handel oor die skrywer [[Isak Dinesen]] se doen en late in [[Kenia]] gedurende die tydperk rondom die [[Eerste Wereldoorlog]]. Streep verskyn saam met [[Robert de Niro]] in ''[[Falling in Love]]'', saam met [[Jack Nicholson]] in ''[[Heartburn]]'', en saam met [[Sam Neill]] in die Australiaanse rolprent ''[[A Cry in the Dark]]''. Laasgenoemde is 'n ware vertelling van [[Lindsay Chamberlain]] se ongeluk toe 'n wilde [[dingo]] hond haar baba Azaria gesteel en waarskynlik vermoor het uit 'n tent in 'n kampterrein.
 
In 1990 volg die komedie ''[[Postcards From the Edge]]'', waarin Streep 'n dwelmverslaafde aktrise van tweederangse rolprente moes speel. In ''[[The Bridges of Madison County]]'' is sy die Italiaans Amerikaanse huisvrou wie in 'n blitsromans met Clint Eastwood omgaan, en in ''[[My One True Thing]]'' is sy weer 'n huisvrou, maar die keer 'n getroue vrou en ma wat stadig sterf van kanker.