Verskil tussen weergawes van "Silkaats"

74 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
1832
(korr, trekroete)
(1832)
'''Silkaats''' (ong. [[1790]] tot [[9 September]] [[1868]]), ook bekend as '''Mzilikazi''', '''Oemsiligasi''' of '''Moselekatse''', was die seun van Matsjobana, en die eerste koning van die [[Ndebele]], wat ook die Matebeles genoem word. Matsjobana het in die Mkuze-omgewing van Zoeloeland gewoon, maar sterf in 'n skermutseling met 'n aanliggende stam, die Suiti. Silkaats se oupa, Zwide van die Ndwandwes, stel hom in sy pa se plek as hoofman aan. Mettertyd besluit Silkaats egter om sy stam aan die gesag van Tsjaka te onderwerp. Volgens Bryant is Matsjobana vermoor deur Zwide, sy skoonpa, en het Silkaats dieselde lot gevrees. Nietemin delf Zwide in 1819 die onderspit teen Tsjaka, en vlug uiteindelik na die verre noorde.
 
Silkaats woon as onderhorige aan [[Tsjaka]] op die noordgrens van sy grondgebied, vanwaar hy vir Tjaka strooptogte moet uitvoer. In 1822 word hy ondermeer na die Transvaalse hoëveld gestuur om die Sotho-hoofman Ranisi te plunder en onderwerp. Na hierdie strooptog hou Silkaats egter van die beeste vir homself terug. Toe Tsjaka daarvan verneem en hom inroep, besluit Silkaats om hom te verset en versteek sy vrouevolk in 'n bos genaamd eNtoembaneeNtoebeni,<ref>Vgl. eNtoembane, {{Koördinate|27|44|52|S|31|18|52|E|display=inline}}</ref> terwyl hy verdeeldheid saai en aanhangers werf. 'n Impi van Tjaka kon egter die vroue opspoor en uitmoor, waarop die impi self deur Silkaats uitgewis word. Op hierdie tydstip, omstreeks 1823/24, vlug Silkaats oor die [[Pongolarivier]] met 'n paar duisend volgelinge, wat die kern van sy toekomstige volk sou uitmaak.
 
Sy trekroete neem hom verby die huidige dorpe [[Vryheid, KwaZulu-Natal|Vryheid]], [[Piet Retief, Mpumalanga|Piet Retief]] en [[Ermelo, Mpumalanga|Ermelo]], waarna hy hom vestig in die nabye van die hedendaagse [[Groblersdal]], waar hy die stat ekoePhoemoeleni, oftewel "Plek-van-rus" oprig. Hy wyk egter uit na die [[Vaalrivier]], waar hy in konflikte met die [[Griekwas (stam)|Griekwas]] betrokke raak, wat strooptogte op sy vee uitvoer. Teen 1825 het hy weer noordwaarts na die [[Apiesrivier]] getrek waar hy sy Koengwini-hoofstat aanlê, benewens die emHlahlandlela- en Dinaneni-vestings aan die [[Krokodilrivier (Limpopo)|Krokodilrivier]]. TeenIn 1831/32September 1832 het Zoeloeimpiseen of twee impis van die nuwe Zoeloekoning Dingaan weer die Matabeles ingehaal, en na skermutselings moet hulle nogmaals weswaarts verhuis. Die hoofstat Mosega (oftewel Motsenjateng) van die Tswana-sprekende Hoeroetsje-nasie word ingeneem, en hul hoofmanne Mokgathle en Moiloa II word verdryf. Mosega word dan Silkaats se suidelike vesting, benewens 'n vesting by Tsjwenjane. Meeste stamme tussen die [[Oranjerivier|Oranje-]] en [[Limpoporivier]] word deur hom verdryf of uitgewis.
 
Sowat 45 myl noord van Mosega aan die [[Maricorivier|Groot-maricorivier]], rig Silkaats sy omvangryke koningstat op, wat hy eGabeni noem. Dit sou ook as Kapain, Kapajien of Kopanjeng bekend staan. Hier ontvang hy die jagter-reisiger William Cornwallis Harris as gas, en sou hy 'n hegte vriendskap met die sendeling [[Robert Moffat]] aanknoop. Enige besoeker aan sy ryk moes hom dan via [[Kuruman]] en Mosega nader, sodat hulle eers deur Moffat gekeur kon word. Silkaats het aan die sendelinge genoem dat hy graag onderwysers, skole en 'n kerk wou hê, maar sy verklarings is weens sy despotiese geaardheid met omsigtigheid bejeen.
9 426

wysigings