Verskil tussen weergawes van "Silkaats"

208 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
(nota)
 
==Val van Mosega en eGabeni==
Intussen arriveer [[Andries Hendrik Potgieter|Hendrik Potgieter]] se trek aan die [[Vaalrivier]], en die trekkerfamilies span in los groepe uit, terwyl 'n verkenningskommando die gebied oor die rivier verken. Die Erasmus-party se geweerskote op 'n jagtog wek skynbaar die aandag van 'n impi van Silkaats, sowat 600 sterk, en hul laer word aangeval en uitgewis. Terugkerende manskappe ontsnap te perd om die Steyn- en Bothagesinne te waarsku sodat hul laers betyds gevorm word om die aanslag af te slaan. Die Liebenberg-laer word egter uitgewis en twee meisies en 'n seun word weggevoer na Silkaats, om nooit weer gesien te word nie.<ref>15 of 17 voortrekkers het hier gesneuwel, benewens hul werkers en bediendes. Die gesneuweldes het ingesluit Barend Liebenberg snr, sy vrou en sy drie seuns Stephanus, Barend en Hendrik; Jan du Toit en sy skoonseun; Karel Kruger, skoolmeester McDonald en, drie seuns van Stephanus Erasmus en ander kinders. Moontlik ook Jan Claassen en Dolf Bronkhorst.</ref> Die oorblywende trekkers vorm 'n laer by [[Slag van Vegkop|Vegkop]], waar die aanslag van 'n groot impi afgeweer word, alhoewel al die vee aan die maTebele afgestaan word.
 
Op 17 Januarie 1837 word eers Mosega deur die strafkommando van Potgieter en [[Gerrit Maritz|Maritz]] vernietig, en baiesowat 6&nbsp;000 beeste word teruggewin. In totaal word 15 of 16 nedersettings vernietig en meer as 1&nbsp;000 van Silkaats se keurtroepe sneuwel. Die sendelinge besluit om onder begeleiding van die boere na Natal terug te keer. Dit word opgevolg deur 'n stryd van 9 dae vanaf 4 November 1937 waarin eGabeni deur o.m. Potgieter en [[Piet Uys|Uys]] vernietig word. Die Maricogebied word deur die maTebele ontruim via die Dwarsbergpasse, en in 1838 trek sowat 15&nbsp;000 maTebele oor die [[Limpoporivier]], waar hulle in twee groepe opbreek. Silkaats vestig hom in [[Betsjoeanaland]] en 'n groepering onder sy seun Nkoeloemane ("Koeroeman") vestig hulle in die Matobo-heuwels. Die indoenas van Nkoeloemane, insluitend Silkaats se oom Gondwanda, was onder die indruk dat Silkaats gesterf het, en het Nkoeloemane by Ntabazindoena as koning gehuldig. Nkoeloemane (c.1828– ), vernoem na Moffat se sendingstasie, was Silkaats se seun by Oemoaka, 'n seniorvrou van suiwer Zoeloe-afkoms, en is in 1848 deur Silkaats as sy opvolger aangewys.
 
==Die volk herenig==
9 414

wysigings