Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

 
== Finale feesweek ==
Vir die finale feesweek is [[Tafelberg]] die hele week lank saans verlig. Die Lugmag het van tyd tot tyd 'n reeks lugvertonings oor die feesterrein uitgevoer en die Suid-Afrikaanse [[torpedojaer]] ''Jan van Riebeeck'', die Portugese torpedojaer ''[[Alfonso d' Albuquerque|Alfonso de Albuquerque]]'' en die Britse [[fregat]] ''Actaeon'' het welwillendheidsbesoeke aan die Tafelbaaise hawe gebring. Die finale feesweek het begin met 'n dankdag op Sondag [[30 Maart]] [[1952]]. Die oggend om tienuur het kerke oral in die Skiereiland hul klokke gelui en toe het elke gemeente 'n spesiale Van Riebeeck-diens gehou. Om halfelf was daar 'n militêre kerkparade by die [[NG gemeente Kaapstad|Groote Kerk]] in die middestad. Die namiddag was daar 'n dankdiens vir die jeug in die Feesstadion waar die massakoor van die Skiereiland opgetree het. Dieselfde aand was daar in die Feesstadion 'n nasionale dankdiens met sang, gebed en 'n boodskap aan die volk deur die aartsbiskop van Kaapstad.
 
[[Lêer:Van Riebeeck-feesterrein.jpg|thumb|360px|links|Die terrein aan die onderpunt van [[Adderleystraat]] waar die Van Riebeeck-fees in [[Kaapstad]] gevier is.]]
106 853

wysigings