Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

 
=== Dinsdag, 1 April ===
Die dag begin met 'n parade van die jeug. Leerlinge en studente van alle Skiereilandse onderwysinrigtings onder die Kaaplandse en Uniale onderwysdepartemente en besoekende leerlinge uit alle dele van die land neem om tienuur aan 'n massa-optog deel. Tydens Blom van die Jeug dra seuns en meisies, gekies op plaaslike feeste oral in die land om hul onderskeie gemeenskappe te verteenwoordig, die wapens van hul munisipaliteit. Die optog is gelei deur vier jong Suid-Afrikaners, twee Afrikaans en twee Engels, gekies deur die tydskrif ''[[The Outspan]]'', om die stamgroepe van die Unie te verteenwoordig. Om 11:20 het 'n massakooormassakoor van die [[Paarl]], [[Wellington]] en [[Franschhoek]] onder leiding van Albert du Toit opgetree en daarna was daar 'n massa-vertoning van liggaamsopvoeding deur duisend meisies van hoërskole in die Kaapse afdeling en studente van die Kaapstadse Opleidingskollege.
 
Ná 'n massakoor van die [[Strand, Wes-Kaap|Strand]] en [[Somerset-Wes]] se optrede, het ook duisend seuns liggaamsopvoeding vertoon en daarna was daar 'n boodskap aan die jeug deur prof. [[Gawie Cillié]]. 'n Massakoor deur skole van [[Stellenbosch]] is gevolg deur 'n uitvoering met vlae deur studente van die [[Universiteit van Stellenbosch]] en die afsluiting, kort voor eenuur, deur blaasorkeste van die Lugmag en die Staande Mag.
105 738

wysigings