Verskil tussen weergawes van "Potchefstroom"

12 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
k
Onderhoud, replaced:

(2) using AWB
k (Onderhoud, replaced:

(2) using AWB)
|nedersetting_tipe=Stad
|bynaam=Potch
|slagspreuk=Stad van Deskundigheid
Motswe Wa Boitseanape
City of Expertise
|beeld_stadsilhoeët=Pretoriusgraf2.JPG
|beeldgrootte=

'''Potchefstroom''' is 'n stad in die [[Noordwes|Noordwes-provinsie]] van [[Suid-Afrika]]. Dit was die tweede oudste dorp in die ou [[Transvaal]]-provinsie naas die naburige Klerksdorp. Dit is in November [[1838]] deur [[Voortrekkers|Voortrekkerleier]] [[Hendrik Potgieter]] aan die oewers van die [[Mooirivier (Vaal)|Mooirivier]] gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2 573  km² en het 162 762 inwoners (munisipaliteit 2011)<ref>[http://www.statssa.gov.za/Census2011/Products/Census_2011_Municipal_fact_sheet.pdf Sensus 2011, Statistiek Suid-Afrika p.11 NW402: Tlokwe City Council]</ref>. Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende land- en mynboustreek. Potchefstroom is 120  km wes-suidwes van [[Johannesburg]].

== Naamsverandering ==
[[Lêer:Building Potchefstroom University.jpg|links|280px|thumb|Hoofgebou van Potchefstroomkampus]]

Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op [[Burgersdorp]] gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool. In 1951 is die PUK erken as ‘n selfstandige [[universiteit]] wat bekend sou staan as die [[Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys]] (PU vir CHO).

Die PU vir CHO het in 2004 met die University of the Northwest in [[Mahikeng]] saamgesmelt om die [[Noordwes-Universiteit]] te word en sou voortaan bekend staan as die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie multikampus en multidiverse universiteit het tot stand gekom nadat die regering verreikende veranderings in tersiëre onderwys aangebring het en wetgewing deurgevoer het wat die aantal tersiêre inrigtings in die land verminder het. Dit het die einde van die Christelike inslag van die universiteit beteken.