Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Krugersdorp"

geen wysigingsopsomming nie
Die '''NG gemeente Krugersdorp''' was die moedergemeente van die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] in [[Krugersdorp]], maar is in 2010 [[Lys van ingelyfde NG gemeentes|ingelyf]] by die [[NG gemeente Luipaardsvlei]].
 
Voor 1890 het die lidmate van onsdie NG Kerk in hierdie V gebied onder die [[NG gemeente Pretoria|gemeente Pretoria]] geressorteer. Op [[7 Junie]] [[1890]] is die gemeente Krugersdorp afgestig en is prop. Becker as leraar op [[6 September]] [[1890]] bevestig. Die kerkgebou, wat al die jare in gebruik was, is in Januarie 1895 ingewy. Ds. Becker se opvolger was ds. F.G.T. Radloff van Hoopstad wat op [[17 Desember]] [[1898]] hier bevestig is. Tydens sy bediening het hierdie gemeente, weens die [[Tweede Vryheidsoorlog|oorlog]] en na-oorlogsenaoorlogse ellende, donker dae deurleef. Besonder veel is deur hierdie getroue dienskneg van die Here en deur sy gade ter ondersteuning van die noodlydendes in die konsentrasiekamp asook die krygsgevangenes inop die dorp gedoen. Hy het nie net hul geestelik bearbei nie, maar onder sy leiding is 'n kommissie in die lewe geroep wat in die noodsaaklikste behoeftes van die noodlydendes in die kamp en dorp voorsien het.
 
Nadat ds. Radloff op [[11 Oktober]] [[1914]] sy emeritaat aanvaar het, is hy opgevolg deur ds. P.J. van Vuuren, wat die gemeente van 1915 tot 1921 gedien het, en toe 'n beroep na Vredefort aangeneem het. Onder sy ywerige leiding is die knellende kerkskuld gedelg.
84 985

wysigings