Verskil tussen weergawes van "Silkaats"

93 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
sp, ekst skakel
(notas et al)
(sp, ekst skakel)
 
==Lewe in Zoeloeland==
Matsjobana het in die Mkuze-omgewing van Zoeloeland gewoon, maar sterf in 'n skermutseling met 'n aanliggende stam, die Soeiti. Silkaats se oupa, Zwide van die Ndwandwes, stel hom in sy pa se plek as hoofman aan. Mettertyd besluit Silkaats egter om sy stam aan die gesag van Tsjaka te onderwerp. Volgens Bryant is Matsjobana vermoor deur Zwide, sy skoonpa,<ref>Die presiese gebeure is onduidelik: Matsjobana se troue met 'n dogter van Zwide moes wel aan lg. sekuriteit aan sy suidgrens verleen, en ná Silkaats se oorlopery was dit moontlik Tsjaka waswat hom as stamhoof oor die Khoemalos aangestel het, asom 'ndie nuttige bufferstrooklandstreek aan diesy noorde te beveilig. Silkaats sou semi-onafhanklik wees nadat Zwide uitgeskakel is.</ref> en het Silkaats dieselde lot gevrees. Nietemin delf Zwide in 1819 die onderspit teen Tsjaka, en vlug uiteindelik na die verre noorde.
 
Silkaats woon as onderhorige aan [[Tsjaka]] op die noordgrens van sy grondgebied, aan die boloop van die siKwebezirivier, vanwaar hy vir Tsjaka strooptogte moet uitvoer. In 1822 word hy ondermeer na die Transvaalse hoëveld gestuur om die Sotho-hoofman Ranisi te plunder en onderwerp. Na hierdie strooptog hou Silkaats egter van die beeste vir homself terug. Toe Tsjaka daarvan verneem en hom inroep, besluit Silkaats om hom te verset en versteek sy vrouevolk in 'n bos genaamd eNtoebeni,<ref>Vgl. eNtoembane: {{Koördinate|27|44|52|S|31|18|52|E|display=inline}}</ref> terwyl hy verdeeldheid saai en aanhangers werf. 'n Impi van Tsjaka kon egter die vroue opspoor en uitmoor,<ref>Verraad het 'n rol in die gebeure gespeel aangesien Silkaats se broer Zeni sy posisie begeer het.</ref> waarop die impi self deur Silkaats uitgewis word.
* [http://history-of-the-ndebele.blogspot.com/2011/08/ndebele-amabutho-or-ndebele-military.html Ndebele Amabutho or Ndebele Military Structure], Shona and Ndebele
* [http://www.newzimbabwe.com/news-2082-Heir+to+Ndebele+throne+is+found/news.aspx 'Heir to Ndebele throne is found'], New Zimbabwe
* [https://williemeyer.wordpress.com/2011/01/ Conquerer of the Magaliesberg], Willie Meyer
 
[[Kategorie:Zoeloekonings]]
9 399

wysigings