Verskil tussen weergawes van "Silkaats"

1 513 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
magsug, verw
(sp, ekst skakel)
(magsug, verw)
 
Sowat 45 myl noord van Mosega aan die [[Maricorivier|Groot-maricorivier]], rig Silkaats sy omvangryke koningstat op, wat hy eGabeni<ref>eGabeni: {{Koördinate|25|01|28|S|26|25|06|E|display=inline}}</ref> noem. Dit sou ook as Kapain, Kapajien of Kopanjeng bekend staan. Hier ontvang hy die jagter-reisiger William Cornwallis Harris as gas, en sou hy 'n toenemend hegte vriendskap met die sendeling [[Robert Moffat]] aanknoop. Enige besoeker aan sy ryk moes hom dan via [[Kuruman]] en Mosega nader, sodat hulle eers deur Moffat gekeur kon word. Silkaats het aan die sendelinge in Mosega genoem dat hy graag onderwysers, skole en 'n kerk wou hê, maar sy verklarings is weens sy despotiese geaardheid met omsigtigheid bejeen.
 
==Magsug van die maTebele==
Moffat het die wreedhede en magsug van die maTebele as volg uitgedruk: "Vir die maTebele het dit nie bloot gegaan oor verkryging van beeste nie, maar niks minder as algehele onderwerping en uitdelging van verowerdes kon hul magsug versadig nie. Wanneer hulle dan 'n stat oorrompel het, is die skare verskrikte inwoners na die buitewyke uitgejaag, waar al die ouers en getroude vroue sonder omhaal om die lewe gebring is. Vir diesulkes wat hul stat heldhaftig verdedig het, en hul vroue en kinders, was 'n groter verskrikking beskore. Droë gras wat in vet geweek is, is om hul naakte liggame gedraai en aan die brand gesteek. Jeugdiges en meisies is as buit saam met die beeste aangemarsjeer na die tuistes van hul oorwinnaars. Wanneer die stat afgeleë was, is die hulpelose babas agtergelaat om van honger om te kom, of deur wilde diere verslind te word. ... 'n Wolk aasvoëls het neergedaal op die lewendes en dooies om fees te vier op mensevlees. Sou die suspisie ontstaan dat die hulpelose onskuldiges deur vriende gered kon word, is hulle in 'n kraal bymekaargemaak, waar struikbos oor hulle gegooi is en aan die brand gesteek is, sodat die stat wat tot onlangs 'n plek van blydskap was, in 'n hoop as omskep is." Moffat het Silkaats gewaarsku oor die gevolge van voortgehoue oorlogvoering, maar Silkaats se antwoord was: "Bid tot jou God om my uit die hande van Dingaan te hou."
 
==Val van Mosega en eGabeni==
* White Induna, pp. 17-19, Richard Sampson
* Soekterme "Moselekatsi" of "Moselekatse", in: Letters of the American Missionaries, 1835-1838, D.J. Kotzé
* Missionary Labours and Scenes in Southern Africa, Uitgawe 9, 1842, pp. 555-556, Robert Moffat
 
==Eksterne skakels==
9 409

wysigings