Verskil tussen weergawes van "Novalis"

1 007 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
+ Inligtingskas & Commons
(+ Inligtingskas & Commons)
{{Inligtingskas Persoon
| naam = Novalis
| bynaam =
| beeld = Franz Gareis - Novalis.jpg
| beeldbeskrywing =
| onderskrif =
| geboortenaam = Georg Philipp Friedrich Freiherr von Hardenberg
| geboortedatum = [[2 Mei]] [[1772]]
| geboorteplek = [[kasteel Oberwiederstedt]], [[Keurvorstedom Sakse]] (tans [[Sakse-Anhalt]], [[Duitsland]])
| dood_datum = {{SDEO|1772|5|2|1801|3|25}}
| sterfteplek = Weißenfels, Keurvorstedom Sakse
| ouers = Heinrich Ulrich Erasmus von Hardenberg<br />Auguste Bernhardine von Hardenberg
| titel =
| nasionaliteit = [[Lêer:Banner of the Holy Roman Emperor with haloes (1400-1806).svg|22px]] [[Heilige Romeinse Ryk]]
| beroep = Prosaskrywer, digter, mistiek, filosoof, siviele ingenieur
| bekend =
| salaris =
| termyn =
| voorganger =
| opvolger =
| eerbewyse =
| party =
| godsdiens =
| huweliksmaat =
| kinders =
| webblad =
| handtekening = Novalis Signature.gif
}}
 
'''Novalis''' was die [[skuilnaam|pennaam]] van '''Georg Philipp Friedrich Freiherr von Hardenberg''' (* [[2 Mei]] [[1772]] in die [[kasteel Oberwiederstedt]], destyds [[Keurvorstedom Sakse]], tans in die deelstaat [[Sakse-Anhalt]]; † [[25 Maart]] [[1801]] in Weißenfels), een van die beduidendste skrywers van die vroeë [[Duitsland|Duitse]] [[Romantiek]] wat hom naas sy literêre loopbaan ook as filosoof, juris en mynbou-ingenieur bekwaam het.
 
== Lewe ==
=== Herkoms ===
[[Lêer:Schloss Oberwiederstedt.jpg|thumbduimnael|regslinks|Die [[kasteel Oberwiederstedt]]]]
Georg Philipp Friedrich Freiherr von Hardenberg is in 'n ou adellike familie gebore. Die klein [[Renaissance]]-[[kasteel]], waar hy gebore is, het deel uitgemaak van die landgoed van sy ouers in die destydse graafskap Mansfeld in die [[Keurvorstedom Sakse]]. Hier het hy ook sy kinder- en jeugjare deurgebring.
 
 
=== Opleiding ===
 
Aanvanklik is huisleraars vir hom aangestel, waaronder Christian Daniel Erhard Schmid (1762-1812) wat later, aan die begin van sy akademiese opleiding in [[Jena]], ook een van sy dosente was. In 1790 het Novalis by die gimnasium in Eisleben onder leiding van rektor C. D. Jani skool gegaan. Hier het hy volgens die destydse kurrikulum onder meer onderrig in retoriek en antieke literatuur ontvang. In die ouderdom van twaalf het Novalis byna een jaar op die landgoed van sy oom Friedrich Wilhelm Freiherr von Hardenberg, 'n kommandeur van die [[Duitse Orde]], in Lucklum deurgebring nadat sy ma ná die geboorte van haar sesde kind ernstig siek geword het.
 
 
=== Loopbaan ===
[[Lêer:Franz Gareis - Novalis.jpg|thumb|regs|Novalis omstreeks 1799<br/><small>Skildery deur Franz Gareis</small>]]
In Oktober 1794 is Novalis, anders as oorspronklik beplan, nie in die [[Pruise|Pruisiese]] staatsdiens aangestel nie, maar het 'n pos as aktuarius (sekretaris) by die distriksamptenaar Coelestin August Just in Tennstedt aanvaar. Volgens sy leuse ''Jeder Anfang ist ein Akt der Freiheit'' ("Elke begin is 'n daad van vryheid") het Just nie net sy baas geword nie, maar ook sy vriend en latere biograaf. In sy tyd as aktuarius het Novalis in die nabygeleë kasteel Grüningen kennis gemaak met Sophie von Kühn. Op 15 Maart 1795, haar dertiende verjaardag, het die twee verloof geraak. In Januarie 1796 het Novalis 'n pos as juris in die hoofkantoor van die soutmyn in Weißenberg an der Saale aanvaar, die stad wat sy gesin in 1785 as woonplek gekies het.
 
In 1795 en 1796 het Novalis hom intensief met die wetenskapsleer van Johann Gottlieb Fichte besig gehou wat sterk invloed op sy wêreldbeskouing sou uitoefen. Novalis het Fichte se konsep verder ontwikkel en die "Ek", wat los staan van alle "Nie-Ek", as die uitgangspunt van sy liefdesgodsdiens gebruik. Die "Nie-Ek" het nou 'n "Jy" geword en dus 'n gelykwaardige subjek.
 
Die ontydige en pynvolle dood van sy verloofde op 19 Maart 1797, kort ná haar vyftiende verjaardag, het 'n diep indruk op hom gelaat.<ref> [http://www.preussenchronik.de/person_jsp/key=person_georg+philipp+freiherr+von_hardenberg.html ''rbb - Rundfunk Berlin-Brandenburg: Preußen-Chronik: Georg Philipp Freiherr von Hardenberg "Novalis"'']</ref>
 
Nog in dieselfde jaar het Novalis sy studies aan die ''Bergakademie'' in Freiberg naby Dresden begin, indertyd een van die leidende universiteite vir studente in natuurwetenskappe. Met dosente soos Wilhelm August Lampadius en Abraham Gottlob Werner het hy binnekort vriendskapsbande gesluit. Die destydse studieplan in ''Naturlehre'' was breedvoeriger as huidige studies in natuurwetenskappe en het 'n opleiding in mynboukunde, [[wiskunde]], [[chemie]] en praktiese werk in die myne ingesluit. Novalis het met sy ingenieursopleiding in die voetspore van ander familielede gevolg.
 
=== Dood ===
[[Lêer:Novalis-haus small.jpg|thumb|regsduimnael|Die Novalis-huis in Weißenfels waar die skrywer in 1801 oorlede is]]
Op 25 Maart 1801 is Friedrich von Hardenberg om een uur smiddags in Weißenfels, in die aanwesigheid van sy broer Karl en sy vriend Friedrich Schlegel, weens bloeding dood wat hy as gevolg van tuberkulose opgedoen het. Vermoedelik is hy deur Friedrich Schiller aangesteek terwyl hy hom versorg het. Waarskynlik het hy al in Augustus 1800 'n ongeneesbare longsiekte opgedoen sodat hy sy beroep nie meer kon uitoefen nie. Onlangse navorsing dui daarop dat hy moontlik aan sistiese fibrose, 'n genetiese siekte, oorlede is. Hierdie hipotese word gesteun deur die feit dat Novalis reeds van kindsbene af aan longontstekings en liggaamsverswakking gely het.
 
 
== Literêre werk ==
[[Lêer:Novalisplaque.jpg|thumb|regsduimnael|'n Gedenktafel vir die skrywer is by sy huis in Freiberg aangebring]]
Novalis was 'n onvermoeide, kreatiewe en peinsende skrywer wat as een van die beduidendste verteenwoordigers van die vroeë Duitse Romantiek beskryf word. Vir hom was net 'n kort leeftyd beskore om sy talent te ontdek en verder te ontwikkel. Friedrich von Hardenberg, wat omvattende kennis in natuurwetenskappe, die regte, filosofie, politiek en ekonomie opgedoen het, het al vroeg met sy skryfwerk begin. Werke, wat in sy jeugjare ontstaan het, toon dat hy uiters belese en welopgevoed was.
 
 
== Verwysings ==
{{CommonsKategorie}}
{{verwysings}}
{{Verwysings}}
 
[[Kategorie:Duitse skrywers]]