Verskil tussen weergawes van "Chelsea, Londen"

k
+ skakel
k
k (+ skakel)
'''Chelsea''' is 'n welgestelde stadsdeel van [[Londen|Sentraal-Londen]] wat in die suide deur die [[Teemsrivier]] begrens word. Sy rivierfront strek vanaf Chelsea-brug langs die Chelseawal (''Chelsea Embankment''), Cheyne Walk, Lots Road en Chelsea-hawe. Die Westbourne-rivier, wat tans deur 'n pyp bo-oor die Sloane Square-moltreinstasie vloei, het oorspronklik sy oostelike grens gevorm. Tans word Chelsea Bridge Road en die laer gedeelte van Sloane Street insluitende Sloane Square as sy oostelike grens beskou.
 
In die noorde en noordweste is daar 'n vloeiende oorgang na die aangrensende buurte Knightsbridge en South Kensington, maar gewoonlik word die gebied, wat noord van King's Road tot Fulham Road in die noordweste strek, as 'n deel van Chelsea beskou. Ook die welbekende sokkerklub [[Chelsea F.C.FC]] word met die gelyknamige stadsdeel verbind, alhoewel dit in die Londense Borough of Hammersmith and Fulham geleë is.
 
Die huidige distrik is een van die twee naamgewende stadsdele van die Royal Borough of Kensington and Chelsea. Vanaf 1900 tot en met die vorming van [[Groter Londen]] in 1965 het CHelseaChelsea deel uitgemaak van die Metropolitan Borough of Chelsea in die graafskap Londen.
 
Chelsea was vir die grootste deel van sy geskiedenis 'n gesogte woonbuurt vir welvarendes. In die Tudortydperk was dit aantreklik genoeg vir koning Henry VIII om hier 'n paleis te laat oprig. Die panoramiese uitsig vanuit Cheyne Walk oor die Teems het later beroemde skilders soos Turner, Whistler en Rossetti na Chelsea gelok. Die geskiedkundige Thomas Carlyle en die essayis Leigh Hunt het hulle in die 1830's in die buurt gevestig en van Chelsea 'n gewilde woonplek vir literêre persoonlikhede gemaak wat later ook die digter en toneelskrywer Algernon Charles Swinburne (1837-1909) sou insluit.