Verskil tussen weergawes van "Chelsea, Londen"

k
geen wysigingsopsomming nie
k (+ skakel)
k
'''Chelsea''' is 'n welgestelde stadsdeel van [[Londen|Sentraal-Londen]] wat in die suide deur die [[Teemsrivier]] begrens word. Sy rivierfront strek vanaf Chelsea-brug langs die Chelseawal (''Chelsea Embankment''), Cheyne Walk, Lots Road en Chelsea-hawe. Die Westbourne-rivier, wat tans deur 'n pyp bo-oor die Sloane Square-moltreinstasie vloei, het oorspronklik sy oostelike grens gevorm. Tans word Chelsea Bridge Road en die laer gedeelte van Sloane Street insluitende Sloane Square as sy oostelike grens beskou.
 
In die noorde en noordweste is daar 'n vloeiende oorgang na die aangrensende buurte Knightsbridge en South Kensington, maar gewoonlik word die gebied, wat noord van King's Road tot Fulham Road in die noordweste strek, as 'n deel van Chelsea beskou. Ook die welbekende sokkerklub [[Chelsea FC]] word met die gelyknamige stadsdeel verbind, alhoewel dit in die Londense Borough of Hammersmith and Fulham geleëgesetel is.
 
Die huidige distrik is een van die twee naamgewende stadsdele van die Royal Borough of Kensington and Chelsea. Vanaf 1900 tot en met die vorming van [[Groter Londen]] in 1965 het Chelsea deel uitgemaak van die Metropolitan Borough of Chelsea in die graafskap Londen.