Verskil tussen weergawes van "Horingdraers"

geen wysigingsopsomming nie
Die familie is wyd verspreid en kom oor al die vastelande van die [[Aarde]], behalwe in [[Suid-Amerika]], [[Australië]] en [[Antarktika]] voor. Die meeste spesies kom in [[Afrika]] voor, maar ook in [[Asië]], terwyl enkele spesies in [[Europa]] en [[Noord-Amerika]] aangetref word.
 
Die mees opvallende eienskap van die familie is die onvertakte horings met 'n kern van [[been]]weefsel wat met 'n laag keratine bedek is. By sommige spesies het slegs die rammebulle horings, by ander het die ooiekoeie kleiner horings.
 
Hulle is almal herkouers, met 'n dubbele [[maag]] om plantegroei te kan verteer.