Verskil tussen weergawes van "Hermann Kallenbach"

In 1914 verlaat Kallenbach Suid-Afrika saam met Gandhi en sy vrou. Kallenbach wou hulle na [[Indië]] vergesel, maar is verhoed deur die Britse owerheid weens sy Duitse herkoms omdat die [[Eerste Wêreldoorlog]] toe al aan die gang moes gewees het. Gandhi het hieroor geskryf: “Dit was baie swaar om afskeid van mnr. Kallenbach te neem, maar ek kon sien dat sy pyn groter as myne was. As hy Indië toe kon gekom het, sou hy vandag die eenvoudige lewe van ’n boer of wewer gelei het. Nou is hy in Suid-Afrika waar hy sy ou lewe lei van flinke handel as argitek.”
 
Kallenbach het etlike jare in Brittanje vertoef, waar hy ’n geesgenoot van [[Olive Schreiner]] was. Dit blyk uit ’n uittreksel uit ’n biografie oor haar waarin sy melding maak van “Hermann Kallenbach, ’n Duitse sakeman, het hom gevestig aan die [[Witwatersrand]] om 1896. ’n Vennoot van Gandhi wat gekorrespondeer het met Tolstoi en glo aan vegetarianisme.” Hy het Schreiner tydens haar verblyf in Londen gehelp met haar dieet en takies vir haar verrig, veral terwyl sy ongesteld was. Kallenbach is geruime tyd tydens die Oorlog aangehou in die aanhoudingskamp vir vreemdelinge in Douglas op die [[Eiland Man]].
 
== Terug in Suid-Afrika ==