Verskil tussen weergawes van "NG gemeente Boshof"

geen wysigingsopsomming nie
In April 1864 het die gemeente sy eerste leraar verwelkom in die persoon van ds. H.W. Brandt, "proponent bij het kerkbestuur der Hollandsche Protestantsche Gereformeerde kerk van de Vereenigde Staten". In November 1871 is hy opgevolg deur ds. J.H. van Wyk, wat die gemeente tot Oktober 1884 bedien het. In sy ampstermyn het die gemeente, geestlik sowel as andersins, mooi groeikrag geopenbaar en is ook (in 1874) "de nieuwe kerk" gebou en ingewy. Hierdie kerkgebou is in 1912 tot sy huidige vorm vergroot.
 
Ná ds. Van Wyk het ook nog die volgende leraars in die gemeente gestaan tydens die eerste 129 jaar van sy bestaan: P.S. van Heerden (1885 - '99), D. Bosman (1899 - 1904), P. van der Merwe (1905 - '12), A.J. Malherbe (1913 - '35), E.J. du Toit (1935 - '39), P. Grobbelaar (1940 - '45) en H.J. Otto (1946 — [[28]] [[April]] [[1985]]). Waar hierdie gemeente (D.V.) oor enkele jare sy eeufees kan vier, kan hy met groot dankbaarheid jeens God terug kyk op 'n eeu van genade. Die gemeente het weliswaar in sy geskiedenis ook veelbewoë tye belewe, maar was o.a. geseën met toegewyde en diensvaardige leraars wat, met medewerking van die kerkrade en lidmate, die gemeente opgebou het tot 'n liggaam wat, ons vertrou, God welbehaaglik is.
 
== Enkele leraars ==
84 987

wysigings