Verskil tussen weergawes van "Sidonius Apollinaris"

+ Inligtingskas
k (Verplasing van 21 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q302936)
(+ Inligtingskas)
{{Inligtingskas Persoon
'''Gaius Sollius (Modestus) Apollinaris Sidonius''' of '''Sint Sidonius Apollinaris''' (5 November<ref>Apollinaris verwys terloops na sy geboortedatum in 'n kort gedig wat aan sy swaer Ecdicius gerig is, Carmen 20.</ref> van 'n onbekende jaar, moontlik 430 – Augustus 489) was 'n [[digter]], [[diplomaat]] en [[biskop]]. Sidonius is "die belangrikste enkele behoue outeur uit vyfde eeuse Gallië" volgens Eric Goldberg.<ref>[http://etext.lib.virginia.edu/journals/EH/EH37/Goldberg.html The Fall of the Roman Empire Revisited: Sidonius Apollinaris and His Crisis of Identity]</ref> Hy was een van vier vyfde tot sesde eeuse [[Gallo-Romeinse]] aristokrate van wie 'n aansienlike getal briewe behoue is; die origes is [[Ruricius]], [[biskop van Limoges]] (507 oorlede), [[Avitus van Vienne|Alcimus Ecdicius Avitus]], [[biskop van Vienne]] (518 oorlede) en [[Magnus Felix Ennodius]] van Arles, biskop van Ticinum (534 oorlede). Hulle het almal behoort tot die nouverbonde aristokratiese [[Gallo-Romeins]]e netwerk wat die biskoppe van Katolieke Gallië verskaf het.<ref>Ralph W. Mathisen, "Epistolography, Literary Circles and Family Ties in Late Roman Gaul" ''Transactions of the American Philological Association'' '''111''' (1981), pp. 95-109.</ref> Sy feesdag is 21 Augustus.
| naam = Sidonius Apollinaris
| bynaam =
| beeld = SidonClermont.jpg
| beeldbeskrywing =
| onderskrif =
| geboortenaam = Gaius Sollius (Modestus) Apollinaris Sidonius
| geboortedatum = [[5 November]] (moontlik) [[430]])
| geboorteplek = Lugdunum, [[Gallië]] (tans [[Lyon]], [[Frankryk]])
| sterfdatum = Augustus [[489]]
| sterfteplek =
| ouers = Apollinaris (vader)
| titel =
| nasionaliteit =
| beroep = digter, diplomaat en biskop
| ander =
| bekend = ''Panegirieke''
| salaris =
| termyn =
| voorganger =
| opvolger =
| eerbewyse =
| party =
| religie =
| huweliksmaat = Papianilla
| kinders = Apollinaris (seun)
| webblad =
| handtekening =
}}
 
'''Gaius Sollius (Modestus) Apollinaris Sidonius''' of '''Sint Sidonius Apollinaris''' (5 November<ref>Apollinaris verwys terloops na sy geboortedatum in 'n kort gedig wat aan sy swaer Ecdicius gerig is, Carmen 20.</ref> van 'n onbekende jaar, moontlik 430 – Augustus 489) was 'n [[digter]], [[diplomaat]] en [[biskop]]. Sidonius is "die belangrikste enkele behoue outeur uit vyfde eeuse Gallië" volgens Eric Goldberg.<ref>[http://etext.lib.virginia.edu/journals/EH/EH37/Goldberg.html The Fall of the Roman Empire Revisited: Sidonius Apollinaris and His Crisis of Identity]</ref> Hy was een van vier vyfde tot sesde eeuse [[Gallo-Romeinse]] aristokrate van wie 'n aansienlike getal briewe behoue is; die origes is [[Ruricius]], [[biskop van Limoges]] (507 oorlede), [[Avitus van Vienne|Alcimus Ecdicius Avitus]], [[biskop van Vienne]] (518 oorlede) en [[Magnus Felix Ennodius]] van Arles, biskop van Ticinum (534 oorlede). Hulle het almal behoort tot die nouverbonde aristokratiese [[Gallo-Romeins]]e netwerk wat die biskoppe van Katolieke Gallië verskaf het.<ref>Ralph W. Mathisen, "Epistolography, Literary Circles and Family Ties in Late Roman Gaul" ''Transactions of the American Philological Association'' '''111''' (1981), ppbl. 95-109.</ref> Sy feesdag is 21 Augustus.
==Lewe==
 
== Lewe ==
Sidonius is in [[Lugdunum]] ([[Lyon]]) gebore. Sy vader Apollinaris (ca. 405 gebore) was die [[prefek]] van [[Gallië]] onder [[Valentinianus III]] tussen 425 en 455 en die seun van 'n ander Apollinaris, wat [[Praetoriaanse prefek]] van [[Gallië]] was voor 409, en 'n vriend van sy opvolger [[Decimus Rusticus]]. Hy blyk die afstammeling van nóg 'n Apollinaris te wees, die prefek van Gallië onder [[Konstantyn II (keiser)|Konstantyn II]] tussen 337 en 340.
 
Sidonius se verwante is oor verskeie geslagte nagespeur as 'n verhaal van 'n familie se lotgevalle, van die prominensie in die tyd van sy oupa aan vaderskant, tot die daaropvolgende kwyning in die 6de eeu onder die [[Franke]]. Sidonius se seun, ook Apollinaris genaamd, was 'n korrespondent van Ruricius van Limoges, het 'n eenheid aangevoer wat in Auvergne op die been gebring is aan die verloorkant van die beslissende [[Slag van Vouille]], en het opgetree as biskop van Clermont vir vier maande tot sy dood.<ref>Gregorius van Tours, 2.37, 3.2</ref> Sidonius se kleinseun Arcadius, het by die aanhoor van 'n gerug van die afsterwe van die Frankiese koning [[Theuderic I]], vir Clermont verraai aan [[Childebert I]], net om sy vrou en moeder te agter te laat toe Theuderic te voorskyn kom; sy ander verskyning in die geskiedenis van [[Gregorius van Tours]], is as dienaar van koning Childebert.<ref>Gregorius van Tours, 3.9, 11</ref>
 
== Werke ==
Sy behoue werke is sy ''[[Panegiriek]]e'' oor verskillende keisers (waarin hy grootliks uit Statius, Ausonius en [[Claudianus]] ontleen), wat verskillende belangrike politieke gebeure dokumenteer. Carmen 7 is 'n panegiriek aan sy skoonpa Avitus by sy inlywing as keiser. Carmen 5 is 'n panegiriek aan [[Majorianus]], wat getuig van Sidonius se vermoë om die natuurlike agterdog en vyandigheid te oorkom jeens die man wat vir die dood van die skoonpa verantwoordelik was. Carmen 2 is 'n panegiriek aan die keiser [[Anthemius]], deel van Sidonius se pogings om as Urban prefek van Rome aangestel te word; verskeie voorbeelde van [[geleentheidsverse]]; en nege boeke van ''Briewe'', waaroor W.B. Anderson opmerk, "Wat ook al jou opinie oor hul styl en diksie, bly die briewe van Sidonius 'n onskatbare bron van inligting oor vele aspekte van die lewensomstandighede van sy tyd."<ref>In sy inleiding tot ''Sidonius: Poems and Letters'' (Cambridge: Loeb, 1939), vol. 1, p. lxiv.</ref> Ten spyte van die gestrenge diksie, onthul hierdie ''Briewe'' Apollinaris as 'n man van gemoedelike temperament, met 'n voorliefde vir goeie lewenskwaliteit en plesier. 'n Brief van Sidonius gerig aan [[Riothamus]], "Koning van die Brittones" (c. 460) is besonders interessant, aangesien dit getuienis verskaf van 'n koning of militêre leier met betrekkinge met Brittanje, van om en by die tydvak van [[Koning Arthur]] se lewenstyd. Die beste uitgawe is dié in die ''[[Monumenta Germaniae Historica]]'' (Berlyn, 1887), wat 'n oorsig oor die manuskripte bied. 'n Engelse vertaling van sy digkuns en briewe deur W.B. Anderson, met bygaande Latynse teks, is deur die [[Loeb Classical Library]] gepubliseer (volume 1, wat sy gedigte bevat en boeke 1-3 van sy briewe, 1939; orige briewe, 1965).
 
Gregorius van Tours vermeld Sidonius as 'n man wat die Mis uit sy geheue kon opsê (sonder 'n sakramentarium) en wat onvoorbereide toesprake kon lewer sonder huiwering.<ref>Gregorius van Tours, 2.22</ref>
 
== Notas ==
{{Verwysings|2}}
<!--This article uses the Cite.php citation mechanism. If you would like more information on how to add references to this article, please see http://meta.wikimedia.org/wiki/Cite/Cite.php -->
{{reflist|2}}
 
== Bronne en verdere leesstof ==
* [[A. Molinier]], ''Sources de l'histoire de France'', nr. 136 (vol. i.).
* [[Thomas Hodgkin (geskiedkundige)|Thomas Hodgkin]], ''Italy and her Invaders'' (tweede uitgawe, 1892), bevat interessante afdelings oor Apollinaris.
* Nora Chadwick, ''Poetry and Letters in Early Christian Gaul'' Londen: Bowes and Bowes, 1955.
 
== Eksterne skakel ==
* [http://www.sidoniusapollinaris.nl Sidonius Apollinaris]
 
{{DEFAULTSORT:Apollinaris, Sidonius}}
 
[[Kategorie:Romeinse digters]]