Verskil tussen weergawes van "TAP Air Portugal"

+verwysings
(nuwe redery)
 
(+verwysings)
Die [[lugredery]] '''TAP Portugal''', gestig in 1945 as "Trans Portes Aereos Portugueses, SGPS, SA", algemeen bekend as '''TAP''', is die vlagdraerredery van [[Portugal]]. TAP Portugal is 100% in staatsbesit en het sy hoofkantoor op die Portela Lughawe, [[Lissabon]]. Dit is 'n lid van die Star Alliance sedert 14 Maart 2005, dieselfde dag waarop die maatskappy sy 60ste verjaardag gevier het. Sy [[Spil (lughawe)|middelpunt]] in Lissabon is 'n belangrike Europese poort by die kruispad van Afrika, Suid-Amerika en Noord-Amerika.
 
Volgens die JACDEC-vliegtuigveiligheidsverslag word TAP Portugal as Wes-Europa se veiligste lugredery aangeslaan en die wêreld se vierde veiligste lugredery, slegs na [[Qantas]], Finnair en Air New Zealand. <ref>[2http://noticias.pt.msn.com/Internacional/article.aspx?cp-documentid=155855253 TAP inligtingstuk.] (2011-01-14). Verkry op 2013-08-20.</ref>
 
TAP se roetenetwerk bestaan uit 88 bestemmings in 38 lande wêreldwyd. TAP bedryf byna 2 000 weeklikse vlugte met 'n vloot van 61 Airbus vliegtuie, en 'n verdere 16 vliegtuie doen diens by die plaaslike filiaalredery, Portugalia Airlines.
 
In onlangse jare is TAP Portugal agtereenvolgens verkies as die wêreld se voorste lugdiens na Afrika en Suid-Amerika deur die ''World Travel Awards'' (WTA), beskou as die "Oscars" van die wêreldtoerisme-industrie. <ref>[3http://www.tapportugal.com/PressRelease/en/tap-wins-two-oscars-in-the-grand-final-of-the-world-travel-awards Tap Portugal.] (2012-01-12). Verkry op 2013-08-20.</ref>
 
== Verwysings ==
87 141

wysigings