Verskil tussen weergawes van "Gys Hofmeyr"

39 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Gysbert Reitz (Gys) Hofmeyr''' ([[Riversdal]], [[12 Februarie]] [[1871]] - Lakeside, [[12 Maart]] [[1943]]) was 'n [[Suid-Afrika]]anse staatsamptenaar en die eerste administrateur van [[Suidwes-Afrika]].
 
Gys Reitz was die vyfde van die 10 kinders uit die huwelik op [[11 Julie]] [[1859]] op Riversdal van Jan Hendrik Hofmeyr ([[Kaapstad]], [[29 September]] [[1835]] - [[Riversdal]], [[24 September]] [[1923]]), 'n boer en veldkornet van die distrik Riversdal, en Christina Jacoba van Zyl ([[18 Julie]] [[1838]] - [[Riversdal]], [[13 November]] [[1921]]) op Riversdal op [[11 Julie]] [[1859]]. Gys Hofmeyr is op [[7 Augustus]] [[1895]] op [[Oudtshoorn]] met Ydie Louis Dankwertz Nel getroud. Sy is op [[19 Maart]] [[1872]] op [[Somerset-Oos]] gebore en oorlede op [[14 Desember]] [[1943]] in ]][[Kaapstad]]. Ses kinders is uit dié huwelik gebore. Die oudste, Harold Osmond Wicht, 'n mediese spesialis invan Kaapstad, se oudste kind, Babeta, is op [[28 September]] [[1946]] in [[Kaapstad]] getroud met Johan Hendrik Wicht, gebiedskommandeurgebiedsbevelvoerder van die weermag op [[Saldanha]] en eienaar van die Wicht-familieplaas aan [[Saldanhabaai]] waarop die buurt [[Blouwaterbaai]] uitgelê is.
 
Hofmeyr het hom as 19-jarige in 1890 by die Kaapse staatsdiens as klerk in die lande-en-aktekantoor op [[King William's Town]] aangesluit, maar is oorgeplaas na die regsafdeling en slaag die vereiste regseksamen in 1893 terwyl hy op [[Oudtshoorn]] werksaam was. Ná die inlywing van [[Betsjoeanaland]] in 1895 is hy oorgeplaas na [[Vryburg]] en [[Mafikeng]] ten einde die administrasie eenvormig met die [[Kaapkolonie]] s'n te maak.
 
In 1897 het hy privaat sekretaris van dr. T. te waterWater, koloniale sekretaris in die kabinet van [[William Philip Schreiner|W.P. Schreiner]], geword. Ná die eeuwending is hy aangestel as registrateur van die spesiale tribunale vir die verhoor van Kaapse rebelle. In 1904 word hy waarnemende klerk van die Kaapse Wetgewende Vergadering, in 1907 klerk van die Wetgewende Vergadering van Transvaal en in 1910 klerk van die Uniale Volksraad.
 
Hy was Transvaalse sekretaris tydens die Nasionale Konvensie in 1909. Van [[10 Oktober]] [[1920]] tot [[31 Maart]] [[1926]] het hy die uitdagende amp as die eerste burgerlike administrateur van [[Suidwes-Afrika]] beklee. In dié tyd is dit onder meer aan hom opgedra om opstande deur inboorlingstamme te onderdruk. Hy het [[Suid-Afrika]] in 1924 in [[Genève]], [[Switserland]], verteenwoordig tydens die Kommissie vir Permanente Mandate van die [[Volkebond]].
84 885

wysigings