Patriarg Filaret van Moskou: Verskil tussen weergawes

+ Inligtingskas
k (skakel na heilige)
(+ Inligtingskas)
{{Inligtingskas Patriarg
[[Image:philaret.jpg|thumb|right|Patriarg Filaret, ’n 19de-eeuse skildery.]]
| naam= Patriarg Filaret
 
| beeld= Philaret.jpg
| breedte= 220px
[[Image:philaret.jpg|thumb|right| onderskrif= Patriarg Filaret, ’n 19de-eeuse skildery.]]
| kerk= [[Russies-Ortodokse Kerk]]
| setel= Moskou
| termyn= [[1619]]-[[1633]]
| russies= Филарет
| monnik=
| priester=
| biskop=
| voorganger= [[Patriarg Hermogenes van Moskou|Hermogenes]]
| opvolger= [[Patriarg Joasaf I van Moskou|Joasaf I]]
| geboortenaam= Fjodor Nikititsj Zacharin-Joerijef<br />(Фёдор Никитич Захарьин-Юрьев)
| geboortedatum= [[1553]]
| geboorteplek= [[Moskou]], [[Tsaredom van Rusland]]
| oorlede= [[1 Oktober]] [[1633]]
| sterfteplek= Moskou, Tsaredom van Rusland
| nasionaliteit= [[Rusland|Russies]]
| feesdag= [[19 November]]
| heilig= [[13 Oktober]] [[1994]]
}}
'''Patriarg Filaret''' ([[Russies]]: Филарет, [[1553]] - [[1 Oktober]] [[1633]]) is gebore as '''Fjodor Nikititsj Zacharin-Joerijef''' (Фёдор Никитич Захарьин-Юрьев) in 'n [[Rusland|Russiese]] bojare-gesin. Nadat hy tydelik in onguns verval het, het hy patriarg van Moskou geword. Hy was die eerste lid van sy familie wat die van '''[[Romanof]]''' (Романов) aangeneem het en was die de facto-heerser tydens die bewind van sy seun, [[tsaar]] [[Michail van Rusland]]. His op 13 Oktober 1994 tot [[heilige]] verklaar. Sy feesdag is op 19 November.
 
Fjodor word in [[Moskou]] gebore as die tweede seun van die vooraanstaande bojaar Nikita Romanowitsj Zacharin-Joerijef en verander later die familie se van na Romanof. Tydens die bewind van sy neef [[Fjodor I van Rusland|Fjodor I]] (1584-1598) blink die jong Fjodor Romanof uit as soldaat en diplomaat – in [[1590]] in die oorlog teen die magte van [[Johan III van Swede]], en van [[1593]] tot [[1594]] in onderhandelinge met die ambassadeurs van die Romeinse keiser Rudolf II. Hy word in [[1583]] ’n [[bojaar]].
 
Toe tsaar Fjodor sonder erfgename sterf, is hy die gewilde keuse vir die troon, maar hy berus in die verkiesing van [[Boris Godoenof]]. Drie jaar later dwing Godoenof hom en sy vrou, Ksenia Sjestowa, om kloostergeloftes af te lê onder die name Filaret en Martha.
 
Filaret bly onder die strengste aanhouding in die Antonijef Sijski-klooster in die noorde van Rusland, waar hy blootgestel word aan elke denkbare vernedering. Toe [[Vals Dmitri I van Rusland|Vals Dmitri I]] die Godoenofs se bewind omvergooi, laat hy Filaret vry en stel hom aan as biskop van [[Rostof]] ([[1605]]).
 
In [[1609]] word Filaret deur [[Vals Dmitri II van Rusland|Vals Dmitri II]] aangewys as patriarg. Van [[1610]] af is hy ’n gevangene van die [[Pole|Poolse]] koning [[Sigismund III Wasa]], wat hy geweier het om as tsaar van [[Moskowië]] te erken toe hy in 1610 op ’n afvaardiging na die Poolse kamp gestuur is. Op [[13 Februarie]] [[1619]] word hy vrygelaat met die Wapenstilstand van Deulino en op [[2 Junie]] in dieselfde jaar word hy ingeseën as patriarg van [[Moskou]] en Rusland.
 
== Bewind ==
Sedertdien, tot met sy dood, het Moskowië in werklikheid twee heersers, tsaar Michail en sy pa, die "heiligste patriarg Filaret". Teoreties is hulle mede-heersers, maar Filaret gaan dikwels ooreenkomste aan sonder om die tsaar te raadpleeg. Sy belangrikste binnelandse maatreël is om die landbouers aan die grond te bind om sodoende die groter wordende aantal verdrukte [[lyfeienes]] te keer om na die [[steppe]] uit te wyk waar hulle [[Kosakke]] word in plaas van belastingbetalers.
 
Filaret se beywering vir die reinheid van [[Russies-Ortodokse Kerk|ortodoksie]] laat hom soms buitensporig optree, maar hy moedig die publikasie van teologiese werke aan en beveel dat elke aartsbiskop ’n kweekskool moet stig, en hyself stel die voorbeeld. Hy herorganiseer ook die Moskowiese leër met behulp van buitelandse offisiere.
[[Kategorie:Russiese teoloë|Filaret]]
[[Kategorie:Russiese heiliges|Filaret]]
 
{{Link FA|pl}}