Verskil tussen weergawes van "Lokomotief"

26 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
 
== Stoomlokomotief ==
Lokomotiewe is oorspronklik as [[stoomlokomotief|stoomlokomotiewe]] op die basis van stoomenjins ontwikkel, 'n tegnologie wat vanaf eenvoudige ontwerpe steeds verder verfyn en aangepas en tot in die [[20ste eeu]] gebruik is. Dit is gaandeweg deur diesel- en [[Elektriese lokomotief|elektriese lokomotiewe]] vervang, terwyl in besondere omstandighede ook spesiale voertuie soos elektriese stoomlokomotiewe ontwikkel is.
 
Stoomlokomotiewe is warmte-enjins wat die chemiese energie van hul brandstof (gewoonlik [[steenkool]] - of in enkele gevalle ook [[hout]], koolstof, turf en swaar olie - wat in 'n ketel verbrand word) omskakel om die wiele te laat draai. Hiervoor word [[water]] deur 'n vuur in [[stoom]] verander wat as werkvloeistof dien om 'n suier heen en weer te laat beweeg. 'n Stang, wat met die suier asook die lokomotief se wiele verbonde is, word sodoende in 'n ronddraaiende beweging gesit.
112 772

wysigings