Verskil tussen weergawes van "Pablo Neruda"

51 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
+ name
(+ Inligtingskas)
k (+ name)
| beeldbeskrywing =
| onderskrif =
| geboortenaam = Neftalí Ricardo Eliécer Neftalí Reyes Basoalto
| geboortedatum = [[12 Julie]] [[1904]]
| geboorteplek = Parral, [[Chili]]
}}
 
'''Pablo Neruda''' ([[12 Julie]] [[1904]] – [[23 September]] [[1973]]) was die pennaam en, later, wettige naam van die [[Chili|Chileense]] [[Nobelprys vir Letterkunde|Nobelprysbekroonde]] digter, diplomaat, en [[Kommunisme|kommunistiese]] politikus '''Neftalí Ricardo Eliécer Neftalí Reyes Basoalto'''.
 
== Lewensgeskiedenis ==
In 1946 het Neftali Ricardo Eliécer Neftalí Reyes Basoalto die skuilnaam, Pablo Neruda, wat hy tóé reeds twintig jaar gebruik het, wettiglik sy eie gemaak. Neruda is op 12 Julie 1904 in Parral, [[Chili]] gebore. Sy vader, José del Carmen Reyes Morales, 'n arm spoorwegwerker het nie saamgestem met sy literêre aspirasies nie en sy moeder, Rosa Neftalí Basoalto Opazo, het aan [[tuberkulose|tering]] gesterf toe Neruda nog 'n jong kind was.
 
Neruda begin op tien-jarige ouderdom gedigte skryf. Die lang, teruggetrokke eensame Neftali woon die Temuco seunskool by waar hy sonder ophou lees en sy gedigte in plaaslike koerante en tydskrifte laat publiseer. Sy eerste bundel gedigte, Crepusculario, word in 1923 gepubliseer. Hy begin in [[Santiago, Chili|Santiago]] [[Frans]] studeer waar hy 'n boheemse bestaan voer. Nadat hy sy Franse studies gestaak het, skryf hy nog drie werke: Attempt of the Infinite Man (1926), Rings (1926), and The Enthusiastic Slingshooter (1933).
132

wysigings