Verskil tussen weergawes van "Vlag van Meksiko"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
Die kleure van die vlag is afgelei van die vlag van die [[Leër van die Drie Waarborge]] wat tussen 1821 en 1823 bestaan het. Hierdie leër het drie belangrike uitgangspunte (‘waarborge’) gehad: die onafhanklikheid van Meksiko, die [[Rooms-Katolieke kerk|Rooms-Katolisisme]] en die gelykheid vir en eenheid tussen al die bevolkingsgroepe in die land. Hierdie waarborge is uitgebeeld deur onderskeidelik groen, wit en rooi.<ref name="Znamierowski">{{en}} Alfred Znamierowski (2002): ''The World Book of Flags'', Hermes House, Londen, p. 200.</ref>
 
Die betekenis van die kleure het egter verander dansyweens die [[Hervormingsoorlog|sekularisering van Meksiko]] in die 1850’s en wat gelei is deur president [[Benito Juárez]]. In die nuwe simboliek het groen hoop voorgestel, wit het eenheid, suiwerheid en eerlikheid voorgestel en rooi het die bloed van die nasionale helde voorgestel.<ref name="FOTW-Mexico">{{en}} Flags of the World (2006): [http://www.crwflags.com/fotw/flags/mx.html Mexico], geraadpleeg op 15 augustus 2007.</ref>
 
Aangesien die Meksikaanse wet egter geen amptelike simboliek aan die kleure toegeken het nie, kan daar ook ander betekenisse wees. ’n Alternatiewe verklaring koppel byvoorbeeld die groen aan die Meksikaanse grondgebied (die berge, riviere, vlaktes en natuurlike hulpbronne), die wit aan die volk en die rooi aan die stryd om die handhawing van die nasionale onafhanklikheid en vryheid.<ref name="FOTW-Mexico" /> Daar bestaan ook die volgende beskrywing: groen stel hoop voor, wit stel suiwerheid voor en rooi stel geloof voor.<ref name="Znamierowski"/>
 
Sommige Meksikaanse groeperinge het die Meksikaanse kleure in gebruik as deel van hul logo’s of simbole. So het die Institusionele Rewolusionêre Party (PRI) die nasionale kleure in haarsy logo opgeneem. die Party van die Demokratiese Rewolusie (PRD) het die nasionale kleure ook in haarsy logo geplaas, maar het dit in die 1990’s verander nadat daar debat ontstaan het oor die gebruik van die nasionale kleure in partysimbole. Verskillende Meksikaanse state, soos [[Querétaro]] en [[Hidalgo]], het die Meksikaanse vlag geheel of gedeeltelik in hul staatswapens opgeneem. In heelwat state is die Meksikaanse vlag die enigste amptelike vlag en het die staatsvlae geen amptelike status nie.
 
== Ontwerp ==
| style="vertical-align:top; width:350px;"| Vertaling: '''[[Meksiko|Die Saluut aan die Vlag]]'''{{-}}
|-
| style="vertical-align:top; width:350px;"|<center>My vlag rys in die mas{{-}}soos ’n son tussen winde en liedere{{-}}diep binne die tempel van my aanbidding,{{-}}Ek hoor en voel hoe my hart gelukkig klop{{-}}Dit is my vlag, my nasionale vaandel,{{-}}hierdie note is hul oorlogslied.{{-}}Vanaf kindsbeen sal ons haarhom vereer{{-}}en lewenslank liefhê!{{-}}Eerbare en heilige vaandel van ons verlange{{-}}soos ’n ligstraal die lug in skyn{{-}}oorstroom deur sy driekleurige doek{{-}}ons ewige wese van ywer en patriotiese entoesiasme.{{-}}Dit is my vlag, my nasionale vaandel,{{-}}hierdie note is hul oorlogslied.{{-}}Vanaf kindsbeen sal ons haarhom vereer{{-}}en lewenslank liefhê!
|}
|}
Die beeld van die vlag word deur die wet beskerm. ’n Spesiale permit is nodig om die beeld af te beeld. In Februarie 2010 het MTV Meksiko ’n episode van die tekenprent [[South Park]] gekanselleer omdat daar blykbaar nie ’n permit was om die beeld te gebruik nie.
 
In 2008, is die Meksikaanse popsanger [[Paulina Rubio]] beboet nadat sy kaal geposeer het vir ’n Spaanse tydskrif met ’n Meksikaanse vlag oor haar gedrapeer.<ref>{{en}} {{cite news |last = Miglierini |first = Julian |title = MTV under fire as it pulls South Park episode in Mexico |newspaper = BBC News |publisher = BBC |date = 10 Februarie 2010 |url = http://news.bbc.co.uk/2/hi/americas/8507514.stm |accessdate = 10 Februarie 2010}}</ref>
 
== Verwysings ==
11 653

wysigings