Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Haal bronne aan"

k
k (Fix)
Vir die redes hierbo bespreek, haal asseblief u bronne aan vir inligting wat u by ’n spesifieke eksterne bron verkry het. Verkieslik moet u ook probeer om die korrekte formaat van die aanhaling te verskaf. Indien u nie kan nie, kan ander dit vir u doen, solank u seker maak dat u ''al'' die nodige inligting verskaf wat nodig is om die oorspronklike bron op te spoor.
 
Oor die algemeen moet u, selfs al skryf u uit u geheue behoort u '''aktief te soek vir gesaghebbende verwysings om aan te haal.'''. (Indien u skryf vanuit u eie kennis dan moet u voldoende kennis hê om goeie bronne te kan aanhaal om die leser te help om die onderwerp te bestudeer—u sal nie altyd daar wees om vrae te kan beantwoord nie). Die hoofpunt is om die '''leser by te staan''' asook ander bydraers en daarom moet u probeer om ''meer'' as net die bronne wat u self gebruik aan te haal.
 
Die behoefte aan verwysings is veral belangrik wanneer u skryf oor sieninge wat bestaan oor ’n spesifieke kwessie. Vermy veralgemenings soos, ''sommige mense sê...'' Probeer liewer ’n spesifieke persoon of groep vind wat daardie standpunt huldig en noem hulle op hulle naam en gee ’n verwysing na ’n plek waar hulle gesien of gehoor is in die uitdruk van daardie standpunt.
 
Net omdat ’n stelling ’n verwysing bevat beteken egter nie noodwendig dat dit geskik is of ’n akkurate indruk skep nie. Soos implisiet deur die amptelike [[Wikipedia:Neutrale standpunt|“Neutrale standpunt”-beleid]] voorgeskryf word, moet daar selfs al word ’n gesaghebbende bron aangehaal verseker word dat die leser die kern van die navorsing oor ’n sekere onderwerp verstaan en nie net voorsien word metvan ’n versigtigversigtiggekose gekose aanhalingsaanhaling wat uit verband geneem kan word ter ondersteuning van ’n sekere standpunt nie.
 
Onthou dat Wikipedia nie ’n platform is vir ''u'' standpunte of vir [[Wikipedia:Geen oorspronklike navorsing|oorspronklike navorsing]] nie.
104 867

wysigings