Verskil tussen weergawes van "Deeltjieversneller"

Skakel
k
(Skakel)
'n '''Partikelversneller''' (ook genoem 'n '''deeltjieversneller''') is 'n apparaat waarin gelaaide [[partikel]]s of [[antiprotone]] tot hoë energievlakke versnel word deur hulle tot naby die snelheid van [[lig]] te bring. Hierdie versnelling gebeur met behulp van sterk [[elektriese veld|elektriese velde]].
 
Mens sou alledaagse toestelle soos die [[televisie]] en die [[katodestraalbuis|rekenaarmonitor]] as partikelversnellers (met lae energievlakke van omtrent 30 [[Elektronvolt|keV]]) kan beskou, net soos die apparate wat gebruik word tydens die opwek van [[X-straal|X-strale]]. Tydens die produksie van [[Radio-aktiewe isotoop|radio-isotope]] vir mediese gebruik kan 'n partikelversneller ook as alternatief vir die omgewingsonvriendelike kernmetode gebruik word.
 
Baie groot partikelversnellers word gebruik om die kleinste boustene van [[materie]] en [[antimaterie]] te bestudeer. Daar kan onderskei word tussen lineêre en magnetiese versnellers. By laasgenoemde word die deeltjies deur die [[Lorentzkrag]] van 'n sterk [[magnetisme|magnetiese veld]] in 'n sirkelvormige baan gedwing. Magnetiese versnellers word verder opgedeel in [[siklotron]]s, [[betatron]]s en [[sinkrotron]]s.