Kernfusie: Verskil tussen weergawes

4 grepe bygevoeg ,  7 jaar gelede
Skakel
(Skakel)
(Skakel)
Wanneer die atome van elemente ligter as [[yster]], soos [[waterstof]], saamsmelt, word 'n deel van die atome se massa omgesit in energie, in die geval van waterstof ongeveer 0,67%. In teenstelling hiermee benodig die fusie van swaarder atome juis energie en word dit geabsorbeer i.p.v. vrygestel.
 
Voordat die Duitse fisikus [[Hans Bethe]] in 1938 voorgestel het dat die son en die sterre hulle energie deur kernfusie opwek, was dit 'n raaisel waar al die energie vandaan kom: al die chemiese reaksies wat in dié tyd bekend was, het te min energie opgelewer. Die son sit elke sekonde ongeveer 600 miljoen ton waterstof om in 596 ton [[helium]]. Die verskil in die massa, vier miljoen ton, word in energie omgesit, waarvolgens [[Albert Einstein]] se beroemde formule ''E'' = ''mc''<sup>2</sup> geld.
 
Kernfusie is ook die energiebron van 'n waterstofbom, wat baie magtiger blyk te wees as die atoombom van die 1940's, waarin atome gesplits is.