Verskil tussen weergawes van "Byeboerdery"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k (Administrateur Steinsplitter vervang "Filtering_of_honey_.jpg" met "Filtering_of_honey.jpg" omrede: Robot: Removing space(s) before file extension)
 
=== Die wetenskaplike studie van heuningbye ===
Vir baie duisende jare van menslike byeboerdery was die mens se verstandhouding van die [[biologie]] en [[ekologie]] van bye baie beperk en besaai met bygeloof en volksoorleweringe. Antieke waarnemers het gedink dat die bykoningin eintlik 'n mannetjie was, die sogenaamde 'bykoning', en hulle het glad nie verstaan hoe bye vermenigvuldig nie. Dit was nie tot die [[18de eeu]] dat Europese natuurwetenskaplikes die wetenskaplike studie van bykolonies onderneem het en die komplekse en versteekte wêreld van byebiologie begin verstaan het nie. Prominent onder hierdie wetenskaplike pioniers was Swammerdam (1637 - 1680), René de Réaumur (1683 - 1757), Charles Bonnet (1720-1793) en spesifiek die blinde Switserse wetenskaplike Francois Huber (1750-1831). Swammerdam en Réaumur was van die eerste om 'n [[mikroskoop]] en disseksie te gebruik om die interne biologie van die heuningby te verstaan. Reaumur was van die eerste om 'n glaskantige waarnemingskorf te bou om die aktiwiteite binne-in die korf beter waar te neem. Hy het opgelet dat die koningin haar eiers in oop selle lê, maar het geen idee gehad hoe die koningin bevrug was nie; niemand het al ooit die paring van die koningin en die hommelby waargeneem nie, met baie teorieë dat die koningin 'self bevrug' terwyl ander geglo het dat die hommelbye 'n damp of 'miasma' afgee wat die koningin bevrug sonder direkte fisiese kontak. Huber was die eerste om deur waarneming en eksperimentering te bewys dat die koningin fisies bevrug word deur hommelbye buite die korf, gewoonlik ver weg.
 
Huber het verbeterde glaskorwe (volgens Réaumur se ontwerp) gebou en ook deursnitkorwe, wat kon oopmaak soos die bladsye van 'n boek, om die indiwiduele waskoeke te inspekteer; dit het die direkte waarneming van aktiwiteite binne-in die korf grootliks verbeter. Alhoewel hy blind word voor hy twintig was, werk 'n sekretaris, Francois Burnens, vir hom en maak daaglikse waarnemings, voer noukeurige eksperimente uit, en hou akkurate notas oor 'n periode van twintig jaar. Huber bevestig dat 'n korf bestaan uit een koningin wat die moeder van al die vroulike werkers en manlike hommelbye is. Hy was die eerste wat bevestig het dat paring met die hommelbye buite die korf afspeel, en dat die koningin bevrug word deur talle suksesvolle parings met manlike hommelbye, hoog in die lug en ver van die korf. Saam het hy en Burnens bye onder die mikroskoop gedissekteer en was hulle van die eerstes om die [[eierstok]] en [[saadsak]] (spermatheca) van die koningin asook die [[penis]] van die manlike hommelby te beskryf. Huber word algemeen beskou as 'die vader van moderne bywetenskap' en sy 'Nouvelles Observations sur Les Abeilles' ("Nuwe Waarnemings oor Bye") 1792<ref>[http://books.google.com/books?id=cQwAAAAAQAAJ&printsec=titlepage&dq=Nouvelles+Observations+sur+Les+Abeilles#PPP5,M1 'Nouvelles Observations sur Les Abeilles'], beskikbaar by Google Books.</ref> maak al die basiese wetenskaplike waarhede van die biologie en ekologie van die heuningby bekend.