Verskil tussen weergawes van "Hermann Kallenbach"

 
== Vennootskap met Kennedy ==
Sy vennootskap met A.M. Kennedy het waarskynlik in 1903 begin. Kennedy het Suid-Afrika in 1913 vir [[Kanada]] verlaat. Saam het hulle die NG kerke in [[Jeppestown]] en op [[Riversdal]], [[Laingsburg]], [[Barkly-Oos]] en [[Thaba Nchu]] ontwerp. Teen dié tyd was Kallenbach sterk verbind tot die Indiese burgerregtebeweging, wat waarskynlik beteken het Kennedy was hoofsaaklik verantwoordelik daarvoor om die firma te bestuur. Omstreeks 1909 het hy die Phoenix-plaas gekoop en in 1910 grond naby Lawley buite Johannesburg, watwaarna hy net die plaas aan Satyagraha geskenk het. Kallenbach het dit Tolstoy Farm genoem ter ere van Leo Tolstoi met wie hy gekorrespondeer het en vir wie hy groot agting gehad het. Op die plaas het Kallenbach onderrig aan onder andere Gandhi gegee vervaardiging van sandale, wat hy geleer het by Trappistemonnike wat hy tydens die Driejarige Oorlog ontmoet het by Marianhill in Natal<ref> [http://www.shoreditchcollege.org/pages/gandhi.html Toespraak wat Gandhi in 1938 gelewer het met onder meer 'n verwysings na Kallenbach]</ref>.
 
Kallenbach het deurgaans die belangrikheid van ’n fikse, gesonde lewe beklemtoon. Hy was ’n vrugte-eter en in ’n sekere stadium van sy lewe het ene Sandor hom leer boks. Nog ontwrigting van sy argiteksfirma was toe hy in November 1913 in hegtenis geneem is op [[Newcastle]] vir sy deelname aan ’n protesoptog. Hy is ná etlike weke vrygelaat nadat die koloniale sekretaris in Londen tussenbeide getree het.
 
Die vennote Kallenbach en Kennedy het ingeskryf vir die wedstryd vir die ontwerp van die nuwe sinagoge in Wolmaransstraat, Johannesburg, omstreeks 1911, maar die wenner was T. Schaerer. Nietemin het Kallenbach die opdrag gekry vir die ontwerp van die Griekse Ortodokse kerk van St. Konstantyn die Grote (1912-1913) in dieselfde straat en hy het hy waarskynlik dieselfde of soortgelyke ontwerpe vir albei geboue voorgelê, aangesien albei geboue in ’n Bisantynse styl ontwerp is en ’n reuse-koepel het.
 
=== Meisieskoshuis, Langlaagte-weeshuis ===
84 885

wysigings