Verskil tussen weergawes van "Jan van Elfen"

Verbeter!
(Verbeter)
(Verbeter!)
Hy word arm groot maar hy slaag matriek in [[Mosselbaai]] en betaal vir sy eie mediese studies aan die [[Universiteit van Kaapstad]]. Hy behaal sy M.B.ChB en doen wyd locums totdat hy sy eerste praktyk in [[Harrismith]] begin. Hier trou hy in 1955 met Elfabie Schwim. Hulle maak saam vier kinders groot: Rouan, Heidi, Carel en Ilse.
 
Van Heerden was ‘n kort rukkie assistant-redakteur van die SA Mediese Tydskrif maar kantoorwerk het hom nie gepas nie en hy word betrokke in verskeie praktyke. Hy vestig hom as stigter en eerste dokter van die Gesondheidsdienssentrum van die [[Universiteit van Stellenbosch]] – met spesiale aandag aan sportbeserings. Die Van Heerdens gaan tree af op Onrus, maar na twee jaar verwesenlik Jan ‘n lewensdroom toe hulle in 1995 uitwyk na die wye [[Karoo]] en hulle vestig hulle op [[Prins Albert]].
 
Benewens dat van Heerden ‘n goeie dokter en skrywer was - ondermeer van 17 boeke en meer as 4000 artikels en rubrieke - was hy ook ‘n natuurmens, kunstenaar, sportkenner, wynliefhebber en het die lewe tot sy volle geniet. Sy bekendste boek is ''Dokter in die huis''.