Verskil tussen weergawes van "Archimedes"

272 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
Hy het die fondamente van [[hidrostatika]] gelê en die beginsel van die hefboom verklaar, die toestel waarop meganika gebaseer is. Sy vroeë vorderings in [[analise|wiskundige analise]] sluit in die eerste bekende samevatting van ’n oneindige reeks, met 'n metode wat vandag gebruik word. Die geskiedkundiges van Antieke Rome het 'n sterk belangstelling in Archimedes getoon en verslae van sy lewe en werk geskryf, terwyl die relatief min kopieë van sy verhandelings wat die [[Middeleeue]] oorleef het 'n invloedryke bron van idees was vir wetenskaplikes tydens die Renaissance.
 
In verband met [[dryfvermoë]] het hy die volgende gesê:
 
<blockquote>Enige voorwerp, heeltemal of gedeeltelik gedompel in 'n vloeistof, word opgestoot deur 'n krag gelyk aan die gewig van die vloeistof wat deur die voorwerp verplaas word. - [[Archimedes]]</blockquote>
 
Die dood van Archimedes het plaasgevind tydens die beleg van Syracuse, toe hy vermoor is deur 'n Romeinse soldaat, ten spyte van bevele dat hy nie leed aangedoen moes word nie.
3 520

wysigings