Verskil tussen weergawes van "Gebruikerbespreking:Mieliestronk"

Tikfoutjie!
k
(Tikfoutjie!)
::: Suidpunt, ek het jou waarnemings met belangstelling gelees, maar wil liewer nie kommentaar daarop lewer nie. Wat die Mieliestronk-webwerf aanbetref, kan ek maar net sê dat daar geen toenadering van Naspers na my kant toe was nie. maar dat ek hulle genader het (synde 'n pensionaris van die pers). Ek het besef dat ek 'n "monster" geskep het wat een mens ('n mankoliekige afgetredene boonop) onmoontlik onbepaald sou kon hanteer. Hulle was besonder tegemoetkomend en het my betaal wat ek gevra het -- en selfs nog 'n bietjie meer. (Nie net sente nie, maar 'n skaflike klompie rande.) Daar was ook baie beslis geen onderstrominge of magspolitiek by die transaksie betrokke nie. En as daar van die pers se kant af geen verdere werk aan die werf gedoen is nie, moet dit beslis vanweë die feit wees dat beskikbare mannekrag nie beskikbaar was of gevind kon word om die taak te behartig nie. [[Gebruiker:Mieliestronk|Mieliestronk]] ([[Gebruikerbespreking:Mieliestronk|kontak]]) 22:56, 16 Januarie 2015 (UTC)
 
: Dankie, manne. Na 53 somers op moederaarde het een ding geleer: ''ek kan nie die verlede verander nie maar ek kan die toekoms help vorm!''. So sit nou al daardie energie in nuwe artikels, vertalings of wat ook al, Wikipedia stoom voort! Groete! [[Gebruiker:Oesjaar|Oesjaar]] ([[Gebruikerbespreking:Oesjaar|kontak]]) 06:26, 17 Januarie 2015 (UTC)
 
::Jammer vir die uiting van my persoonlike vendetta teen supermaatskappye; ek verstaan die situasie nou beter. Ek het dan geen besware nie, dit was u eie keuse. Dit is net, as ek eers daardie AfPers-naam lees, raak ek skoon warm onder die kraag: hulle besit Kalahari.com, MultiChoice, PriceCheck, MNet, Supersport, DStv Online, MWeb, Media24 (en al sy koerante en tydskrifte onder hom), Paarlmedia, Jonathan Ball Publishers, NB Publishers (''Tafelberg'', ''Human & Rousseau'', ''Pharos'', ''Kwela'', ''Queillerie'', ''Lux Verbi'' ens.), 24.com, OLX (ja!), flipkart.com ens. Ek vra myself die vraag af hoeveel advertensies op MultiChoice mens al gebreinspoel het wat Naspers-verwant is (bv. Property24). Dit is waar aggressiewe kapitalisme heeltemal ontspoor. [[Gebruiker:Suidpunt|Suidpunt]] ([[Gebruikerbespreking:Suidpunt|kontak]]) 13:37, 17 Januarie 2015 (UTC)