Verskil tussen weergawes van "Windpomp"

783 grepe bygevoeg ,  6 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
== Werking ==
'n Waterpomp bestaan tipies uit 'n boorgat met 'n oorhoofse toring waarop 'n wiel vol lemme (die rotor) gemonteer word. As die wind waai draai die rotor in die rondte, wat [[windenergie]] in meganiese energie omsit. 'n Suierpomp, wat in die boorgat ingesink is, word in werking bring wat op sy beurt die water na die oppervlak (gewoonlik in 'n dam) pomp.
 
Windpompe word van 'n remstelsel voorsien, wat die rotor outomaties rem as die wind te sterk begin waai. As die wiel te vinnig waai, soos met storms, kan dit die windpomp totaal verwoes.
 
Remme kan ook geïnstalleer word om die windpomp outomaties te rem wanneer die dam vol is. Skaars water word dus nie gemors nie en die grond om die dam sal ook nie brak word nie. Boere hoef ook nie so gereeld na hul windpompe te ry om dit los of vas te maak nie. Die stelsel word meestal met 'n houtblok wat op die dam dryf geïmplementeer. Soos die watervlak styg sal dit die remkabel stywer trek.<ref>[http://m24lbarg01.naspers.com/argief/berigte/landbouweekblad/2000/08/18/42/1.html Nuwe windpompbriek spaar water en tyd ], [[Landbou Weekblad]], 18 Augustus 2000</ref>
 
== Verwysings ==