Verskil tussen weergawes van "Byeboerdery"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
(→‎Oorsprong: Skakel)
== Geskiedenis van byeboerdery ==
=== Oorsprong ===
Wêreldwyd is daar meer as 20 000 wilde byspesies, insluitende baie wat enkellopend is of wat hulle kleintjies grootmaak in tonnels en klein kolonies, soos die [[messelby]] of die hommelby. In [[Suid-Afrika]] is daar ander interessante byesoorte wat klein, primitiewe kolonies vorm, soos die angellose klein mopanie- en mokkabye. Ander bye is alleenlopers soos die houtkapperbye, wat hul neste in hout bou. Byeboerdery, of byeteelt, is gemoeid met die praktiese bestuur van die sosiale byspesies wat woon in kolonies so groot soos 100 000 individue. Die spesies[[spesie]]s wat orals bestuur word in [[Europa]] en die [[VSA]] deur byeboere is die Westerse heuningby (''Apis mellifera''), wat verskillende subspesies of streeksvariasies het, soos die Italiaanse by (''Apis mellifera ligustica''), Europese swartby (''Apis mellifera mellifera'') of die Carniolaanse heuningby (''Apis mellifera carnica''). In die trope word ander sosiale byspesies bestuur vir heuningproduksie, insluitende ''Apis cerana''.
 
Al die ''Apis mellifera''-subspesies kan moontlik uitteel en hibridiseer. Baie byteeltmaatskappye strewe om selektief te broei en kruisteelvariante vir gekose kwaliteite te lewer, soos pes- en parasietweerstand, goeie heuningproduksie, swermbeheer, vrugbare voortplanters en kalm geaardheid. Sommige van hierdie basters word bemark onder spesifieke handelsname, soos die "Buckfast Bee" of "Midnite Bee". Die voordele van die aanvanklike F1-basters wat deur kruisteelt gelewer word sluit in: baster-sterkte, verhoogde heuningproduksie en groter siekteweerstand. Die nadeel is dat in latere generasies hierdie voordele kan vervaag. Verder is basters geneig om baie beskermend te wees, indien nie suiwer aggressief nie.