Verskil tussen weergawes van "Pieter Toerien"

k (Verplasing van 1 interwikiskakels wat op Wikidata beskikbaar is op d:q7192833)
(→‎Loopbaan: Skakel)
 
==Loopbaan==
Toerien het sy deurbraak in die vermaakwêreld gemaak deur in 1965 op 20-jarige leeftyd [[Marlene Dietrich]] te nooi om Suid-Afrika te besoek. Hy het in die straat buite haar woonstel gesit totdat sy hom uit nuuskierigheid ingenooi het. Hy het in 1965 en weer in 1966 suksesvolle toere vir haar in Suid-Afrika gereël. Hy het later verskeie teaters besit, onder meer die [[Alhambra-teater, Johannesburg|Alhambra]], [[André Huguenet]] en [[Montecasino-teater]] in [[Johannesburg]] en die [[Theatre on the Bay]] in [[Kaapstad]].
 
In 1966 het hy meer drama begin aanbied en dikwels hele produksies van die [[Weseinde]] na Suid-Afrika gebring. Hy het vir sy eie produksies betaal en gesê dat hy komedie aanbied om minder kommersiële toneelstukke te kan bekostig.
In 2006 het hy ’n rekord opgestel met Rob Becker se ''Defending the Caveman'' met die akteur [[Tim Plewman]] wat agt jaar lank aangebied is, met 1 500 vertonings van hierdie eenmanstuk. In 2007 het hy ''The Lion King'' aangebied in ’n nuwe teater wat spesiaal by [[Montecasino]] in Johannesburg gebou is.
 
In 1988 het hy die Fleur du Cap-prys gewen vir sy lewenslange bydrae tot die teater.<ref>[http://esat.sun.ac.za/index.php/Pieter_Toerien The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance] URL besoek op 2 Maart 2013</ref>
 
==Verwysings==