Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

taalversorging
Toe Singapoer-eiland in [[1819]] danksy sir Thomas Stamford Raffles onder Britse bewind gekom het, het sy bevolking slegs 150 mense beloop. Nogtans was ''Singapura'' (letterlik "Die Leeustad") reeds in die [[14de eeu]] 'n beduidende nedersetting wat as gevolg van die oorloë tussen die koninkryke Madjapahit (Java, [[Indonesië]]) en Siam (die huidige [[Thailand]]) verniel is.
 
Die moderne Singapoer het volgens 'n plan ontstaan wat deur sir Thomas Stamford Raffles persoonlik ontwerp is. Die stad het tot by die jaar [[1959]] 'n Britse besitting gebly en het daarna volgens 'n ooreenkoms 'n selfregerende stad gevorm. Singapoer het in [[1963]] by die Federasie van Maleisië aangesluit, maar etniese en ander geskille het tot die skeidingafskeiding van [[Maleisië]] gelei, sodat Singapoer in [[1965]] 'n onafhanklike republiek geword het.
 
Die stad word vandag as een van die merkwaardigste ekonomiese en industriële eksperimentesuksesse beskou.<ref>Stonehouse, Dr. Bernard (red.): ''Philips' Illustrated Atlas of the World''. Londen: Guild Publishing 1985, bl. 93</ref> Singapoer se ekonomie, wat naas die nywerheidsektor op sy seehawe en vryehandel steun, was steeds op die wêreldmark gemik. Dit is feitlik 'n moderne stad met [[wolkekrabber]]s in sy sentrum en is die mees digbevolktedigbevolkste land in Suidoos-Asië, wat met sy besige seehawe tot die logistieke en handelsentrum van die streek ontwikkel het.
 
Die fenomenale ekonomiese groei van Singapoer was steeds aan die outoritêre bewind van die ''People's Action Party (PAP)'' gekoppel wat volgens sy beleid van 'n Sosialistiesesosialistiese markekonomie 'n moderne welvaartstaat geskep het, maar het as gevolg van Singapoer se verkiesingswette die parlement al dekades lank oorheers en ook in die verkiesing van [[6 Mei]] [[2006]] weer 'n oorweldigende meerderheid van 82 setels in die parlement behaal het, teenoor slegs een setel elk vir die twee opposisiepartye ''Workers' Party'' en ''Singapore Democratic Alliance''.<ref>''Der Fischer Weltalmanach 2007'', bl. 441</ref>
 
Singapoer se strafwette, waarvolgens die doodstraf onder meer vir die onwettige besit van bepaalde hoeveelhede dwelmmiddels outomaties opgelê word, word veral deur Westerse regerings en organisasies gekritiseer. In verhouding tot sy bevolking is in Singapoer sedert [[1991]] die hoogste aantal teregstellings aangeteken.<ref>[http://www.amnesty.org/en/library/info/ASA36/001/2004 ''Amnesty International: Singapore - The death penalty: A hidden toll of executions'']</ref>
 
Die inwoners van Singapoer is 'n mengelmoes van verskillende etniese groepe, alhoewel etniese Sjinese meer as driekwart van die totale bevolking verteenwoordig. Ander belangrike groepe sluit Maleiers, Indiërs, Pakistani's en Sri Lankane in. Meer as veertig persent van die bevolking is Boeddhiste, terwyl Moslems en Christene 14 persent, Taoïste sowat agt en Hindoe'sHindoes vier persent van die bevolking verteenwoordig.
 
Singapoer is naas die [[Republiek van Sjina|Republiek van Sjina op Taiwan]] een van twee gebiede buite die Sjinese stamland wat in politieke opsig deur Sjinese oorheers word.<ref>Schöller, Peter; Heiner Dürr en Eckart Dege (reds.): ''Fischer Länderkunde. Boekdeel 1: Ostasien''. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 1987, bl. 211</ref>
67 087

wysigings