Verskil tussen weergawes van "Bordeaux"

4 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
(→‎Antieke oudheid: Duplikaat)
Onder die Jakobynse terreurbewind van [[Maximilien Robespierre]] het die Girondiste hulle politieke invloed reeds in 1793/94 weer verloor; 'n groot aantal van hulle het die slagoffers van vervolgings geword en is in Parys onthoof. Sowat 300 burgers van Bordeaux is tereggestel. Ondanks die willekeurige arrestasies en die degradering van statige geboue tot skure, stalle en magasyne is die internasionale handel verder ontwikkel.
 
Eers onder die heerskappy van [[Napoléon Bonaparte]] is Bordeaux deur 'n ekonomiese ramp getref: Tydens die [[Napoleontiese Oorloë]] het die handel met Engeland as gevolg van die kontinentale stelsel tot stilstand gekom, en net danksy 'n staatslening is die stad van bankrotskap gered. Smokkelary, wat reeds gedurende die 18de eeu 'n groot probleem was, het nou hande uitgeruk.
 
Nogtans is in hierdie periode Bordeaux se infrastruktuur opgeknap; die stad was 'n belangrike sentrum vir die troepevervoer na [[Spanje]]. Vanaf [[1816]] is die eerste vaste brug oor die Garonne opgerig, die ''Pont de Pierre'' (letterlik "Steenbrug") - die voorloper wat onder Napoléon gebou is was 'n eenvoudige houtbrug. Volgens oorlewerings het die plaaslike ampsdraers Napoléon gewaarsku dat die rivier se sterk stromings en vloede vir die argitekte onberekenbaar sou wees, maar die keiser is net verlei tot sy beroemde spreuk "''Impossible n'est pas français!''" (letterlik: "Onmoontlik is nie Frans nie!"). Onder Napoléon is ook die wye halfronde ''boulevard'' (pragstraat) rondom die historiese stadskern gebou.