Verskil tussen weergawes van "Arabies-Israeliese konflik"

geen wysigingsopsomming nie
Die '''Arabies-Israeliese konflik''' is 'n term wat gebruik word om die spanning en openlike vyandighede tussen die Arabiese lande (in die [[Midde-Ooste]] en [[Noord-Afrika]]) en [[Israel]] te beskryf. Die konflik heers al sedert 1948.
 
== Agtergrond ==
Die Arabies-Israeliese konflik het begin oor vroeër spanning tussen die Arabiese en Joodse gemeenskappe in die [[Britse mandaat van Palestina]], met die opkoms van twee nasionalistiese bewegings: die Sioniste-beweging onder Jode en Palestynse/Arabiese nasionalisme onder die Arabiere. Die etniese konflik was ook 'n gevolg van die ineenstorting van die [[Ottomaanse Ryk]], wat spanning oor die afbakening en eienaarskap van die gebied geskep het. Terwyl die Joodse volk die gebied as hulle historiese tuisland, Israel, gesien het, het die Pan-Arabiese beweging Palestina as Moslem-grondgebied beskou.
 
== Gebeure ==
Die moderne konflik begin in 1948 met die Arabies-Israeliese oorlog in parallel met die skepping van die Israelse staat deur die Jode. Later, met die verloop van die oorlog, bring die [[Arabiese Liga]] 'n Palestynse regering in die [[Gasastrook]] tot stand. Israel het die 1948-oorlog gewen en die Palestynse regering is na [[Kaïro]] in [[Egipte]] verskuif. Hulle is nie toegelaat om na Gasa terug te keer nie en het geleidelik minder belangrik geword, totdat dit in 1959 deur die Egiptiese [[Gamal Abdel Nasser|president Nasser]] geskrap is.