Verskil tussen weergawes van "Mistral (wind)"

28 grepe bygevoeg ,  14 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
Die Mistralwind het tydens die FIFA Wêreldbekertoernooi in 1998 groot probleme vir die sokkerspanne van Suid-Afrika en Frankryk geskep. Die span, wat tydens die wedstryd teen die wind gespeel het, kon die bal soms nouliks vorentoe skop nie.
 
'n Tipiese weersituasie, waarby die Mistral optree, is 'n hoogdrukgebied oor die Golf van Biskaje en 'n laagdrukgebied oor Italië as gevolg van Arktiese lugmassas uit die noorde, wat oor die Britse Eilande tot by die noord-westelike gebiede van die [[Middellandse See]] stroom. Naby [[Genua]] ontstaan dikwels 'n depressie.
 
Sommige bronne definieer die Mistral ook as 'n valwind uit die berge van die [[Sentraalmassief]], wat in vergelyking met die warmer Mediterreense lug as koud waargeneem word.